OFM Nights

OFM Nights

By OFMLeisureMusic
Download on the App Store

OFM Nights episodes

  • Minke Maries oor Ontwaak: "Hoeveel van jouself sal jy prysgee om te behoort?"
    Die aktrise gesels met ons oor Sonvelt Media se nuwe psigologiese riller, die donker krag van groepsdruk, en wat dit beteken om werklik jouself te bly in 'n wêreld wat wil hê jy moet inpas. ONTWAAK begin 14 Julie eksklusief op DStv Stream wanneer die eerste twee episodes beskikbaar gemaak sal word. Daarna volg ’n nuwe episode weekliks.
    9 min
  • Erns Grundling se epiese reis deur Viëtnam in Elders se agste seisoen
    Van Hanoi se bedrywige strate tot die mistige berge van Sa Pa, deur magiese grotte, ikoniese baaie en die energieke strate van Ho Chi Minh-stad dis waarna kykers kan uitsien wanneer Elders: Viëtnam op Sondag 19 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin uitsaai. Stapper en skrywer Erns Grundling neem kykers op 'n noord na suid reis deur een van Suidoos-Asië se mees fassinerende lande, 'n Veertig-dae-projek wat weens Viëtnam se komplekse burokrasie en verskeie tifone een van die mees uitdagende nog was. Met 'n SAFTA-bekroonde nalatenskap agter die rug, beloof hierdie agste seisoen om kykers te betower en ja, Erns se snor maak eers in die laaste episode sy verskyning.
    14 min
  • Van Arendsvlei tot Skemergrond: Robyn Rossouw se volle-sirkel-oomblik
    Sy speel 'n ma wat van haar verlede weg hardloop, maar vir Robyn Rossouw was die rol van Cheryl in Skemergrond 'n kans om haarself te konfronteer. Luister hier na haar gesprek oor trauma, vertroue op stel, en hoekom hierdie karakter vir haar so besonders is. Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145)
    9 min
  • Neels van Jaarsveld oor sy nuwe rol as tuisbly-pa in Beter as Gister
    Hy speel Marco Fouché, 'n toegewyde pa wat sy loopbaan vir sy kinders opsy gesit het maar nou begin dinge verander. Neels van Jaarsveld gesels oor die nuwe kykNET-dramareeks Beter as Gister, wat die kollig plaas op pa's en die druk wat hulle ervaar. Die reeks begin 30 Junie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
    8 min
  • Bonné de Bod: "Elke episode is 'n herinnering aan hoekom ons moet omgee"
    Van haaie in die Karibiese See tot leeus in die Krugerwildtuin. In die nuwe seisoen van Bewonder & Bewaar (vanaf 19 April 2026, 20:00 op kykNET) neem die bekroonde aanbieder Bonné de Bod kykers op 'n onvergeetlike reis na die wêreld se mees afgeleë wildernisgebiede. In hierdie geselskap vertel sy van die 13 kragtige verhale, die helde agter die bewaringswerk, en hoe 'n helikoptervlug oor die 2026-vloede in die Kruger 'n blywende indruk op haar gelaat het.
    Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod begin op 19 April om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)
    14 min
  • Hazel se geheim ontplof op Skemergrond — Carmen Maarman vertel alles
    Haar storielyn is nou witwarm! Hazel het 'n geheim uitgehou wat haar lewe op 'n wenkbrou kan laat kantel — en Christine het dit op die lappe gebring. In dié gesprek gesels ons met die talentvolle Carmen Maarman oor die druk op haar karakter, die affair met Fabian, en wat vir Hazel voorlê. Moenie hierdie een misloop nie! Skemergrond is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie
    9 min

About OFM Nights

From the publisher's feed

OFM Nights with Ashmund Martin, Mondays to Thursdays, 19:00 - 23:00 and 18:00 - 23:00 on Fridays.