Onderrig Vanuit Die Woord

Onderrig Vanuit Die Woord

Download on the App Store

Onderrig Vanuit Die Woord episodes

  • Bybelstudie Uit Jona 1

    Meeste van ons, is goed bekend met die verhaal van Jona.  Die vraag wat ons vandag vir mekaar gaan vra is:  Wat presies was God se doel met die boek Jona?  Wat is die dieper betekenis van hierdie boek, in besonder, die bekende hoofstuk 1?

    25 min
  • Die Voorbeeld Van Christus Roep Ons Op Om Te Volhard In Die Geloof

    As ons diep gedelf het in die verskriklike lyding wat Christus vir ons moes deurmaak en boonop daaraan dink dat óns eintlik hierdie lyding verdien het, kan geen ware gelowige, onaangeraak bly nie ... Die vraag is nou: As ons dan nou hierdie onbeskryflike lyding van Chrisstus in ons plek aangehoor het, wat maak ons nou daarmee? In Hebr. 12, kom gee Christus vir ons duidelike riglyne om hierdie vraag re antword, wat in kort saamgevat kan word in die oproep: Volhard in die geloof. En ons kan vir seker wees: Christus sal ons deur sy Gees help om hierdie volharding 'n werklikhied te maak, want op ons eie, is ons tot niks goeds in staat nie!

    45 min
  • Om Te Begryp Waarom Christus Moes Ly, Moet Ons Van Sy Sterwe Na Sy Opstandning Vorder

    Wanneer ons oor Jesus Christus praat, is dit 100% korrek om te sê die opstanding is die hoogtepunt van ons geloof.  Maar, net soos wat 'n mens nie reg laat geskied aan jou eie moeitevolle arbeid deur bv by matriek se "dankietog ek's klaar" te begin nie, laat ons ons nie reg aan Christus geskied as ons by die opstanding begin en vergeet teen watter peperduur prys, Hy in ons plek oorwin het nie.  Kom luister dus saam na Jes. 53, die OT beskrywing van die kruisiging en kom delf word opnuut in die verskriklike lyidng wat Jesus Christus in u en my plek moes duermaak, om op die ou end op te staan en ons sodeonde, met God versoen!

    43 min
  • Die Bybel Leer Ons Die Hemel Is 'n Werklikheid

    "Choo Thomas se boek, die hemel is 'n werklikheid, was vir my 'n oog-oopmaker."  Dít is die opmerking wat ek self, al by twee geleenthede moes hoor ...  Maar hierin lê 'n geweldige groot skeeftrekking en baie gevaarlike slaggat:  Die Bybel is blykbaar nie genoeg nie en skep skynbaar 'n baie vae, onverstaanbare en twfyelagtige beeled oor die hemel ... So ons het ekstra fabeltjies en storiejties oor mense se sg "ervarings" nodig ... Dit, geliefdes, is  hoegenaamd NIE die geval nie!  Kom luister gerus saam na die Woord van die Here, oor wat Openb. 21:1-8 te sê het oor die hemel.  Hierdie inlgting, sal selfs 'n klein kindjie kan bely, is méér as genoegsaam om die blye boodskap kristalhelder oor te dra:  Die Bybel leer ons die hemel is 'n werklikhied;  ons het NIKS anders, niks meer as dit, nodig nie!

    45 min
  • God Is In Staat Om Sy Verdrukte Kinders Te Verlos, Wat Nalaat Om Ander Gode Te Dien

    Ons beleef vandag nog soms dat mense gevra word om voor ander gode, of mensgemaakte dinge, te buig.  So word ons geloof verdruk.  Maar ons beleef ook soms verdrukking op ander maniere ...  Hier in Dan. 3, kom leer die Woord ons:  Dieselfde God wat Sadrag, Mesag en Abednégo van 'n brandende vuuroond gered het, is ook ons God.  Want Hy is in staat om sy verdrukte kinders te verlos, wat nalaat om ander gode te dien.  Op aarde word Daniël se drie vriende van 'n tydelike vuur verlos;  Christus kom verlos ons egter van 'n ewige vuur.

    47 min
  • Die Here Beloof Dat Elke Mens Die Vrugte Van Sy Arbeid Sal Eet

    "Ag, die regverdige en die goddelose se lot is maar presies dieselfde," sê en dink baie mense.  Jes. 3:10-11, kom leer duidelik vir ons anders ...  Elke mens, regverdig, of goddeloos, gaan BESLIS op die ou-end, die vrugte van sy arbeid eet ...  Na sy dood, kan elke mens net na één van twee plekke gaan ...

    44 min
  • Soos Klei In Die Hand Van Die Pottebakker, Só Is Die Mens In Die Hand Van Die Here

    Jer. 18 kom herinner u en my daaraan dat ons bloot klei is ...  Maar hiermee saam, kom herinner die Here ons hier ook aan 'n ander, ou waarheid:  Ons is nie net bloot klei, maaksels sonder 'n Maker nie;  ons is almal in die Hand van die Here, wat ons vorm en maak soos Hy wil, na sy welbehae.  Die gedeelte roep ons daarom op om ag te slaan op die weë van die Meester Pottebakker en daarin te wandel.  

    44 min

About Onderrig Vanuit Die Woord

From the publisher's feed

Hierdie is van my eie preke, wat ek in gemeentes gelewer het. Mag u die seën van die Here en veral sy liefde en troos, in elkeen van hulle ervaar! Ons gaan ook Bybelstudies hier hou, waar u meer van…