Die ATKV se Onderwysafdeling het onlangs met 'n projek “Dissipline begin by die Huis” begin, waar ouers en gemeenskappe aangemoedig word om dissipline terug te bring in huise en skole. Johan van Lill praat met Quinton Adams, opvoedkundige sielkundige en aanbieder van die program, en Melvina Mason Hearne, projekorganiseerder van die ATKV, oor die suksesse van hierdie projek.