Johan van Lill gesels met Christien Coetzee Klinger, 'n ma van 'n gestremde leerder, en Santie Terreblance van Cape Mental health oor die basiese reg tot onderwys vir kinders met ernstige intellektuele gestremdhede, soos bepaal in die Grondwet. Het die uitspraak wat in 2010 in die Hooggeregshof gegee is oor hierdie kinders se basiese reg op onderwys 'n verskil gemaak?