
Sign up to save your podcasts
Or


Parashah 26: Sh’mini (Agt) – No 3
In Lev 10:1 staan “EN die seuns van Aäron, Nadav en Avíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die Here gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.” Die “vuur” in Hebreeus is “esh” ... en dit beteken “warm kole”. Nou Aaron was die volkome gewyde Hoëpriester van Israel, en Nadav en Avíhu was volwaardige gewone priesters. Eintlik as ons daaroor dink as gevolg van die normale opeenvolging sou Nadav waarskynlik die VOLGENDE Hoëpriester gewees as Aaron voor hom te sterwe sou kom. Maar die Woord sê Nadav en Avihu het elkeen ‘n vuurpan geneem met hulle eie vuurkole op en dit op die goue altaar gaan sit binne in die tent gedeelte, die Heilige Gedeelte in die Tabernakel waarop wierook gesit is vir Abba Vader. Maar daar was 'n probleem want die vuurkole wat hulle die wierook op gebrand het was nie die vuurkole wat deur Abba Vader voorgeskryf is nie. Die Woord praat van vreemde vuu
Parashah 26: Sh’mini (Agt) – No 2.
Abba Vader gee ons ‘n tweede kans vir ‘n nuwe begin en hierdie parasha of gedeelte is waar iets nuuts gebeur want Adam het die priesterskap verloor toe hy in die Tuin van Eden gesondig het. Sedertdien het elke historiese gebeurtenis in die Woord gelei tot die intree, moment wat in hierdie Torah gedeelte gevind word. Die priesterskap word weer in hierdie parasha hervestig. Nie net beskryf die Woord die openingsdag van die Levitiese priesterskap nie maar dit hou ook ‘n patroon vir ons in om die heerlikheid, die glorie, van Abba Vader te kan ervaar. So die parasha of gedeelte begin in Levitikus 9:1 wat sê “EN op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep..” Die agtste dag en ons weet getalle het ‘n betekenis in Hebreeus, en die getal agt beteken nuwe begin.
Parashah 26: Sh’mini (Agt) – No 1
Torah: Lev 9:1 - Lev 11:47
Haftarah: 2 Sam 6:1- 2 Sam 7:17
B’rit Hadashah: Mat 3:11-17; Heb 8:1-6; Mark 7:1-23; Han 5:1-11; Han 10:1-35; 2 Kor 6:14-7:1; Gal 2:11-16; 1 Pet 1:14-16.
Shemini is die sesde-en-twintigste lesing uit die Torah en die derde lesing uit die boek Levitikus. Die woord Shemini beteken "agtste", en dit kom uit die eerste woorde van Lev 9:1 wat sê: "EN op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep.” Die Woord beskryf dan die gebeure van die agtste dag na die oprigting van die Tabernakel.
Parashah 25: Tzav (Gee bevel) – No 7
In ‘n paar sekondes … gaan die Parasha of gedeelte van hierdie week oor Abba Vader wat verdere instruksies en riglyne gee oor die brandoffer en die graanoffer. Abba Vader gee ook prosedures vir die offer by die salwing van die Hoëpriester.
Parashah 25: Tzav (Gee bevel) – No 5
Ons het gister gesien onvervulde verwagting lei tot aanstoot en dis amazing hoe vinnig ons soms aanstoot neem, is dit nie? Dit keer ons egter soos sondes en skandes om Abba Vader te nader in intimiteit en daarom gee Abba Vader ‘n offer protokol om Hom te nader.
Parashah 25: Tzav (Gee bevel) – No 3
Net soos wat die priesters diensbaar was, so moet ons as priesterlike bruid van Yeshua diensbaar wees in Abba Vader se Koninkryk. So hoe is ek en jy hierdie diensbare bruid van Yeshua vandag, prakties? Paulus sê in Fil 2:5-8: “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Parashah 25: Tzav (Gee bevel)
In Lev 6:9 sê Abba Vader vir Moses: “Gee bevel aan Aäron en sy seuns …” Nou “gee bevel” in Hebreeus is die woordjie “Tzav” wat hierdie week se gedeelte of Parachah genoem word. Die woordjie “Tzav” hou verwant met die woord “mitzvah” wat ons weet beteken instruksies of riglyne.
From the publisher's feed