
Sign up to save your podcasts
Or


Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 25:2–42
Sondag 9 Augustus 2026
Interlude · Nasionale Vrouedag
Hierdie Sondag staan ons vir een week buite die ry konings. Voordat Dawid koning word, is dit Abigail wat hom met wysheid en moed vóór 'n onherroeplike daad keer — in 'n reeks oor konings wat gedurig vát, is sy die een wat gee. Op Nasionale Vrouedag vier ons die stem wat 'n koning gekeer het, én luister ons eerlik na hoe maklik sulke stemme in ander se stories opgeneem word en stil raak.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 13:1–15
2 Augustus 2026
Preek 2 van 8 · Doop
"Besieged is how most people feel most of the time," skryf die digter David Whyte — beleër deur eise, verwagtinge, selfs ons suksesse. Dit is Saul se storie by Gilgal: omsingel deur die Filistyne, verlaat deur sy manskappe, gryp hy self na die offer — en wat van 'n menslike perspektief soos 'n tragedie lyk, is van God se kant dalk 'n komedie: die uitspraak wat sy kroon wegneem, was dalk juis die uitkomkans wat hy nie kon raaksien nie, omdat hy die grap nie kon vang nie. Op hierdie doop-Sondag wys Jesus 'n ander kern — gesalf in die modderige Jordaan, getoets in die woestyn, gedra deur die stem wat sê "Jy is my geliefde" — en by die doopvont word daardie identiteit ook ons s'n: beleër, maar gedoop.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstyd
1 Samuel 8:1–22
26 Julie 2026 · Preek 1 van 8 · Nagmaal
Wanneer leiers teleurstel en die wêreld onveilig voel, groei die verlange na iemand wat alles net kan kom regmaak. Israel se oudstes eis 'n koning "soos al die ander nasies", en God waarsku in liefde: konings vát — julle seuns, julle dogters, julle land, julle oeste. Maar die versoek is ten diepste afgodery, en alles wat ons in God se plek aanbid, verslind ons uiteindelik ("everybody worships" — David Foster Wallace). By die nagmaalstafel ontmoet ons egter die ware Koning: Een wat nie vat nie, maar Homself gee.
Lees die preek in Metgesel
Die volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:
www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Die Waagstuk van Geloof: Die God wat hoor
Genesis 21:1-21
21 Junie 2026
Preek 2 van 3
Isak se fees word die dag waarop Hagar en haar seun die woestyn ingestuur word — en die Skrif versag niks daarvan nie. Maar wanneer haar watersak leeg is en sy wegdraai om nie haar kind te sien sterf nie, hoor God júis die stem van die seun (Ismael — "God hoor"), maak haar oë oop vir 'n put, en seën ook hierdie kind buite die kring. 'n Preek oor die God wie se deernis nie ophou by die grens van "ons mense" nie — en oor geloof as 'n waagstuk van die ander kant gesien: wanneer ons nie meer aan God kan vashou nie, het God reeds op óns gewaag.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Staan vas!
Efesiërs 6:10–20
7 Junie 2026
Preek 9 van 9
Ná nege weke deur Efesiërs eindig Paulus met 'n vreemde prentjie: 'n soldaat wat sy plek inneem — "trek die wapenrusting aan, staan vas." Maar as Christus reeds regeer, waarom dan nóg veg? Omdat die stryd hom júis daar afspeel waar Christus op die troon sit en waar ons saam met Hom sit — nie êrens ver weg nie, maar hier waar ons reeds is. En die wapenrusting is geleende klere: God se eie geregtigheid en vrede, die nuwe mens wat ons reeds aangetrek het — deugde, nie wapens nie, gedra deur 'n hele liggaam en opgesê deur 'n gesant in boeie. So sluit ons die reeks nie af gereed vir oorlog nie, maar op ons knieë: want om wakker te bly, ís om te bid.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad
Wakkerword!-reeks: Liefde en Aanbidding
Efesiërs 5:1–20
31 Mei 2026 (Drie-eenheidsondag)
Preek 8 van 9
Jakob het in die middel van nêrens aan die slaap geraak en wakker geword in die huis van God: "die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie." Op Drie-eenheidsondag lees ons Paulus se oproep — "Word wakker, slaper!" — saam met sy vreemde taal van die altaar, en ontdek dat 'n offer nooit oor doodmaak gaan nie, maar oor naderkom: Christus se selfoorgawe is nie geweld nie, maar liefde self. Aanbidding word dan die gebaretaal van liefde — om ons werklike lewens, ons mislukte én dankbare lewens, na die altaar te bring en, soos beginners met ons hande, te leer om te ontvang. Kom nader.
— — —
Ondersteun ons gemeente
Maak 'n bydrae via SnapScan
pinelandsgemeente.co.za
[email protected]
From the publisher's feed