Pinelands Gemeente

Pinelands Gemeente

Download on the App Store

Pinelands Gemeente episodes

  • 2026 05 24_Ef 4:17-5:2_Die Nuwe Mens

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: Die Nuwe Mens
    Efesiërs 4:17–5:2
    24 Mei 2026 (Pinkster)
    Preek 7 van 9

    Aan die einde van haar lewe het die digter Mary Oliver gesê dat haar geestelike pad haar veral een ding geleer het: "I've become kinder." Vir Paulus is vriendelikheid presies dít wat ons in God navolg — want God self is vriendelik, en sy Gees vleg ons saam; om onvriendelik te wees, bedroef die Heilige Gees. Op Pinksterdag oordink ons hoe die Gees ons help om die ou mens uit te trek en die nuwe mens aan te trek — altyd as beginners, altyd in oefening, en altyd by mekaar.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    31 min
  • 2026 05 17_Ef 3:14-21_In die liefde gewortel en gegrond

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: In die liefde gewortel en gegrond

    Efesiërs 3:14–21

    17 Mei 2026

    Voel jy God se liefde — of klink dit mooi maar onwerklik? Paulus se gebed in Efesiërs 3 hou die innerlike en die uiterlike saam: Christus woon in ons harte terwyl ons — saam met al die heiliges — in die liefde gewortel en gegrond is. Op tuindag word die beeld van 'n plant in vrugbare grond 'n manier om te sê dat hierdie liefde nie 'n ideaal is om na te streef nie, maar die hande van God wat ons vashou — die gemeenskap waarin die gee en ontvang van liefde 'n innerlike werklikheid word.

    — — —

    Ondersteun ons gemeenteMaak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za[email protected]

    29 min
  • 2026 05 10_Ef 2:11-22_Eenheid as 'n bron van hoop

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: Eenheid as 'n bron van hoop
    Efesiërs 2:11–22
    10 Mei 2026
    Preek 5 van 9

    Paulus skryf nie wat ons moet doen nie — hy beskryf wat reeds gebeur het. Christus self ís ons vrede; aan die kruis is die muur van vyandskap afgebreek en uit twee word een nuwe mens gemaak. Aan die hand van Een Maitland se verhaal — twee gemeentes wat deur 'n brand, gasvryheid en Covid een geword het — vra hierdie preek hoe ons leer om saam te leef in die werklikheid van die eenheid wat God reeds in Christus gevestig het.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    32 min
  • 2026 04 26_Ef 1:15-23_Die krag van gebed

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: Die krag van gebed
    Efesiërs 1:15-23
    26 April 2026
    Preek 3 van 9
    Prediker: Helgard Pretorius

    Watter soort krag bedoel ons wanneer ons sê "daar is krag in gebed"? In Efesiërs 1 bid Paulus nie vir nuwe dinge nie, maar dat ons oë sal oopgaan vir die opstandingskrag wat reeds in ons werk — 'n krag wat in liefde leef en nie soos Caesar se krag oorheers nie. Gebed is dan nie 'n manier om God te oortuig nie, maar die verhouding waarin ons wakker word vir wat God reeds doen.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    29 min
  • 2026 04 19_Ef 1:3-14_Voor die Grondlegging

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: Voor die Grondlegging
    Efesiërs 1:3–14
    19 April 2026
    Preek 2 van 9

    Paulus se tuimelende sin in Efesiërs 1:3–14 tel sewe werkwoorde — almal God s'n, almal in Christus. Nie een van hulle is ons werk nie, en tog sluit elke asem ons in: elf verwysings na Christus, elf na ons. Hierdie preek nooi ons om te ontdek dat ons uitverkiesing, ons aanneming, ons ten volle lewendig-wees ís lof — nie iets wat ons moet produseer nie, maar die oriëntasie waarin God ons reeds opgeneem het.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    28 min
  • 2026 04 12_Ef 1:1-2; 4:1-7_Die kerk wat ons nie sien nie

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Wakkerword!-reeks: Die kerk wat ons nie sien nie
    Efesiërs 1:1-2; 4:1-7
    12 April 2026
    Preek 1 van 9
    Prediker: Helgard Pretorius

    Efese was 'n stad van tempels, handel en show — en tog skryf Paulus aan 'n klein groepie "heiliges", gewone mense wat deur God afgesonder is. Peterson noem dit die kerk wat ons nooit op die voorblad sal sien nie: onopvallend, dikwels teleurstellend — maar presies dáár, sê Paulus, is waar God werk. Die vraag is nie of hierdie kerk goed genoeg is nie, maar of ons kan raaksien wat God reeds in ons midde doen.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    28 min
  • 2026 04 05_Lukas 24:1–35_Begin Wakkerword

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Paasfees: Begin Wakkerword
    Lukas 24:1–35
    5 April 2026
    Prediker: Helgard Pretorius

    Vrydag het ons in die donker uitgestap. Paasoggend vertel Lukas hoe mense wat vas aan die slaap was — in verdriet, in skok, in die verdowing van verlies — stadig, tree vir tree, wakker gemaak word. Die Emmausgangers se pad word ons pad: van "ons het gehoop" na "het ons harte nie in ons gebrand nie?" Die preek beweeg deur vyf lesings na die tafel toe, waar die brood gebreek word en die opstanding begin — nie as 'n enkelgebeure nie, maar as 'n voortdurende wakkerword.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    25 min
  • 2026 04 03_Lukas 22:39–23:56_Talita Kumi - Word Wakker

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad

    Goeie Vrydag: Talita Kumi — Word Wakker
    Lukas 22:39–23:56
    3 April 2026
    Prediker: Helgard Pretorius

    In die lydingsverhaal was daar net een mens wat wakker was — Jesus. Die res was aan die slaap: bedwelm deur droefheid, oorweldig deur vrees. Hierdie Goeie Vrydag-boodskap nooi ons om onsself in die storie te herken, en om die stem van liefde te hoor wat ons terugroep na die lewe: Talita kumi — staan op, word wakker.

    — — —

    Ondersteun ons gemeente
    Maak 'n bydrae via SnapScan

    pinelandsgemeente.co.za
    [email protected]

    29 min

About Pinelands Gemeente

From the publisher's feed

Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.