Radioteater

PUTSONDERWATER deur Bartho Smit


Listen Later

Hierdie klassieke drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Dit handel oor Maria, ’n swanger tiener, wat deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik word. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring. Wanneer sy aan die einde van die drama ’n wiegeliedjie vir haar ongebore baba sing, word dit dus ’n metafoor vir die verwagte koms van die Verlosser van die wêreld. Vandaar die regisseur se keuse om Bartho Smit se liriek op die melodie van Koos du Plessis se bekende Somerkersfees te laat sing. Hierdie verwerking van die verhoogdrama word voorafgegaan deur ’n inleidende gesprek oor die drama en Bartho Smit.  Die spelers is Frieda van den Heever, Marlo Minnaar, Petrus du Preez, Neels Coetzee, Johan Botha, Nic de Jager en Johann Nel. Die regisseur van hierdie argiefdrama in Kaapstad was Eben Cruywagen.
...more
View all episodesView all episodes
Download on the App Store

RadioteaterBy RSG


More shows like Radioteater

View all
Stuff You Should Know by iHeartPodcasts

Stuff You Should Know

78,789 Listeners

RSG Geldsake met Moneyweb by Moneyweb Radio

RSG Geldsake met Moneyweb

14 Listeners

Snapped: Women Who Murder by Oxygen

Snapped: Women Who Murder

5,242 Listeners

Kommentaar by RSG

Kommentaar

1 Listeners

World of Secrets by BBC

World of Secrets

1,043 Listeners

Middagvervolgverhaal by RSG

Middagvervolgverhaal

0 Listeners

Vers en Klank by RSG

Vers en Klank

0 Listeners