Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.
August 22, 2021Rand en sent 22 Augustus 2021Edward Phillips van Edusence praat oor die belangrikheid van ‘n begroting, en hoe iets so klein soos ‘n inkopielys jou kan help om beter finansiële besluite te neem. Willem Gous van The Human Entrepeneur verduidelik hoe om entrepreneurs te ondersteun sodat hulle volhoubare besighede kan bou, en sodoende werksgeleenthede skep....more23minPlay
August 15, 2021Rand en sent 15 Augustus 2021Carla Oberholzer van Debtsafe het raad as jy sukkel om jou skuld te betaal. Lizette Volkwyn, ‘n lewensafrigter, vertel hoe om te oorleef as jy vasgevang in ’n werk wat jy haat, en hoe jy jou persepsie kan verander....more23minPlay
August 08, 2021Rand en sent 8 Augustus 2021Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria gesels oor die verskillende vorms van sosiale media wat hulle vir bemarking gebruik. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition praat oor die goeie kliëntediens, en hoe jy die regte mense identifiseer vir jou besigheid. Pieter Senekal van Senfin Business Services gee wenke oor hoe jy ‘n goeie boekhouer kan vind, en die verskil wat dit aan jou besigheid kan maak....more23minPlay
August 01, 2021Rand en sent 1 Augustus 2021Pieter de Wet van Bodytec in Queenswood in Pretoria verduidelik hoe dit moontlik is om met slegs 20 minute per week beter spiere te bou, en die voordele wat dit vir klante inhou. Chanri Theron en Robert Meuleman van Amplio Fitness and Nutrition gesels oor aanvullings, diëte en hoe ‘n gesonde leefstyl begin deur klein treetjies te neem....more23minPlay
July 25, 2021Rand en sent 25 Julie 2021Peter Senekal van Sendin Business Services gesels oor die belangrikheid van ‘n gekwalifiseerde boekhouer, en hoekom jy jou finansiële fondasie vir jou besigheid van die begin af moet reg bou om sodoende jouself van groot uitgawes te red op ‘n latere stadium. Carla Oberholzer van Debtsafe gesels oor skuldbestuur, en verduidelik hoekom jy eers jou skuld onder beheer moet kry om jou pad na finansiële welstand te begin....more24minPlay
July 18, 2021Rand en sent 18 Julie 2021Lizette Volkwyn, meesterlewensafrigter en menslike leuenverklikker, gesels oor bestuurders wat onnodige druk op werkers plaas, en gee raad oor hoe jy dit kan hanteer deur net jou perspektief te verander. Arehan Brand van Smartlink Marketing praat oor die verskillende vorme van digitale bemarking en wat ons kan doen om besighede te ondersteun. Die skrywer, Johannes Bertus de Villiers, gesels oor perspektief, en hoe verandering baie keer gepaard gaan met verlies, maar dat jy altyd rede het om te hoop....more25minPlay
July 11, 2021Rand en sent 11 Julie 2021Mandy-Leigh Gold van Maison de Leo, ‘n luukse gastehuis in Pretoria, gesels oor die ontstaan van haar besigheid, die ondersteuning van haar man wat gehelp het om haar droom te bewaarheid, en wat dit eintlik beteken om die eienaar van ‘n gastehuis te wees. Elizabeth Petersen van Libby’s Pride Wyn gesels oor die frustrasies en hartseer wat die verbod op alkohol vir haar as wynprodusent veroorsaak. Sy hoop dat die verbod gelig sal word, sodat sy weer ‘n inkomste kan verdien....more25minPlay
July 04, 2021Rand en sent 4 Julie 2021Carla Oberhlozer van Debtsafe verduidelik die proses om ‘n begroting op te stel, en sy sêmense moet op die uitkyk vir bemarkingsfoefies sodat hulle nie om die bos gelei word nie. Charles Geel van Charles Geel en Vennote gesels oor die in duplum-reël, en moedig verbruikers aan om eerlik te wees oor hulle finansiële situasie en om roekelose skuld te vermy. Ian Scott van Momentum Beleggings waarsku teen vinnig ryk word, en gesels oor die verantwoordelikheid wat op fondsbestuurders se skouers rus....more24minPlay
June 27, 2021Rand en sent 27 Junie 2021Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor die rol van die Nasionale Kredietreguleerder, en wat die Nasionale Kredietwet vir verbruikers beteken. Hy verduidelik hoe die wet roekelose skuld probeer beperk, en watter verligting skuldberading aan verbruikers bied. Richus Nel, 'n finansiële adviseur by PSG Wealth, gesels oor die rol van ‘n finansiële adviseur en die span kundiges wat raad gee oor wetgewing wat kliënte raak. Hy moedig jou aan om ‘n finansiële plan te kry om finansieel sterker te word....more25minPlay
June 20, 2021Rand en sent 20 Junie 2021Charles Geel van Charles Geel en Vennote praat oor skuldberading en verduidelik hoekom jy nie skuldberading kan kanselleer of van plan verander, as jy reeds met die proses begin het nie. André Kotzé van Ellipsis Consulting gesels oor die Wet op Kubermisdade, en verduidelik hoekom ons nie paniekbevange moet raak oor die wet nie, maar waarsku dat jy sekere beginsels moet toepas om jouself te beskerm, en om binne die raamwerk van die wet te bly....more25minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.