Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.
April 04, 2021Rand en sent 4 April 2021Omelia Hartzenberg praat oor lewensertifikate wat die Pensioenfonds vir Staatsamptenare elke jaar uitreik aan sekere pensioenarisse. Sy kyk ook na verskeie kwessies wat verwarring by lede veroorsaak, en verduidelik wat die regte prosedures is....more17minPlay
March 28, 2021Rand en sent 28 Maart 2021Omelia Hartzenberg praat oor die verskillende stelsels van die regering wat aan mekaar verbind is om inligting te verifieër. Carla Oberholzer van Debtsafe werp meer lig op romantiese bedrog, en waarsku teen skurke op sosiale media wat jou met mooi woorde vlei net om van jou geld te beroof....more17minPlay
March 21, 2021Rand en sent 21 Maart 2021Omelia Hartzenberg praat oor die implikasies wat belasting vir pensioenarisse van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare inhou. Sy gee raad oor wat jou te doen staan as jy dalk in die moeilikheid is by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en hoe jy kan voorkom om ‘n stelletjie af te trap met die diens....more17minPlay
March 14, 2021Rand en sent 14 Maart 2021Omelia Hartzenberg praat oor bedrog by die Pensioenfonds vir Staatsamptenare. Sy gee wenke hoe jy bedrog kan aanmeld, en gee die versekering dat jy anoniem sal bly, want die oproepe gaan na ‘n onafhanklike derdeparty wat sake sonder inmenging kan ondersoek....more17minPlay
March 07, 2021Rand en sent 7 Maart 2021Die fokus is op die belangrikheid van nominasie vir lede en pensioenarisse van die Pensioenfonds van Staatsamptenare. Omelia Hartzenberg bespreek hoe dit jou familie raak, en in watter omstandighede veranderinge op die vorm aangebring kan word wanneer die lid afgesterf het....more18minPlay
February 28, 2021Rand en sent 28 Februarie 2021Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor vervroegde aftrede teenoor normale aftrede. Sy identifiseer van die redes hoekom uitbetalings nie geskied nie, en van die redes sal jou verras. En sy gee 'n lys van dokumente wat nodig is, en punte waarop jy moet let voordat jy dit inhandig....more18minPlay
February 21, 2021Rand en sent 21 Februarie 2021Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioenadmininstrasie praat oor onopgeëiste voordele. Sy doen ‘n beroep op die publiek om na vore te kom indien hulle nie uitstaande geld van die fonds geëis het nie. Sy noem ook die belangrike punte wat kommunikasie tussen lede en die fonds belemmer....more18minPlay
February 14, 2021Rand en sent 14 Februarie 2021Omelia Harzenberg van die Agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie praat oor die verskil tussen bedanking en aftrede. Sy neem jou stapsgewys deur die berekeninge wat SARS doen wanneer jy bedank of wanneer jy aftree, en verduidelik die voordele waarvoor jy in annmerking kom wanneer jy aftree....more18minPlay
February 07, 2021Rand en sent 7 Februarie 2021Omelia Harzenberg van die agentskap vir die regering se pensioen-admininstrasie weer aan die woord. Sy praat oor gadepensioen, en wat lede kan doen om te verseker dat hulle gades wel die lewenslange maandelikse pensioen kan kry indien die lid sterf. Veronica Prinsloo van UC Tech Security in Pretoria noem belangrike punte waarop jy moet let wanneer jy veiligheidskameras installeer, en watter vrae jy moet vra voordat jy ‘n kwotasie aanvaar....more17minPlay
January 31, 2021Rand en sent 31 Januarie 2021Omelia Hartzenberg van die Pensioenfonds vir Staatsamptenare praat oor een van die grootste redes wat lei tot vertragings, en moedig paartjies aan om openhartig te wees met mekaar oor hulle geldsake. Eric Jordaan, finansiële adviseur by Crue Invest het raad oor hoe om jou finansiële doelwitte te bereik deur die regte boustene te gebruik....more17minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.