Regine le Roux van Reputation Matters vertel watter uitwerking Covid-19 op haar besigheid gehad het, en hoe hulle die krisis tot voordeel omskep het deur hulle dienste meer aanlyn te bemark. Sanel Roux van die aanlynwinkel, Petalje Blomme, gesels oor die uitwerking wat kreatiwiteit en blomme op haar kliënte het, en hoe die inperking nuwe lewe in haar besigheid geblaas het. Willie Cloete, 'n privaatsjef, vertel hoe kreatiwiteit deel van jou werk en jou lewe is, en hoe ons dit op verskillende manier kan gebruik om elke dag iets nuuts te skep.