Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 753 episodes available.
March 17, 2018Rand en sentFinansiële geletterheid was vanjaar hoog op die agenda by die Wêreld Ekonomieseforum se beraad in Switserland. Dit, sáám met kritiese denke en emosionele veerkragtigheid, word deesdae beskou as een van die belangrikste eienskappe waaroor jy moet beskik om in die toekoms werk te kry. 'n Kundige verduidelik wat dit behels en hoe jy jou kinders finansiëel slimmer kan maak....more24minPlay
March 10, 2018Rand en sentDaar is ongeveer R40 miljard rand se onopgeëisde voordele in voorsienings- en pensioenfondse. Hoe seker is jy daarvan dat van hierdie geld nie ook aan jou behoort nie? Kenners kyk ook na verbruikers se regte wanneer dit by skuld kom, en dis die begin van 'n kort reeks oor hoe voornemende entrepreneurs 'n sakeplan opgestel kan kry....more26minPlay
March 03, 2018Rand en sentAs jy die bedrag wat jy elke maand op jou huisverband betaal, jaarliks vergroot met dieselfde persentasie as jou salarisverhoging, kan jy ongeveer 50% aan rente spaar, en natuurlik jou huislening baie vinniger afbetaal....more24minPlay
February 24, 2018Rand en sent'n Verbruikerskonsultant gee wenke oor hoe om die regte bank vir jou te kies waar jy goeie diens sal kry, jou geld veilig is en waar jy die meeste op bankfooie kan spaar. 'n Kundige deel ook interessante navorsing oor die verwantskap tussen jou gesondheid en jou geldsake en daar is nuus oor minimumlone vir 2018....more26minPlay
February 17, 2018Rand en sent'n Ekonoom verduidelik hoe jy met aandele kan begin “speel”; 'n luisteraar vertel van 'n aandeleklub wat hy saam met 'n paar vriende gestig het; en daar is nuus oor aanlynbeleggings en hoe jy aandele aanlyn koop....more25minPlay
February 10, 2018Rand en sent'n Kenner van lojaliteitsprogramme verduidelik hoe dit werk, en hoe jy die beste waarde vir jou geld daaruit kan kry. En 'n sakekenner verduidelik hoekom konsessies of franchises so goed vaar al trek die ekonomie noustrop....more24minPlay
February 03, 2018Rand en sent'n Navorser bespreek finansiële geletterdheid wat niks te make het met mense se opvoeding of kwalifikasies nie. Sy sê ook waarom mense skuld maak en hoe ons ons denke hieroor kan verander. En 'n finansiële beplanner gee sy aweregse filosofie oor spaar....more24minPlay
January 27, 2018Rand en sentKlimaatsverandering en die stygende koste van elektrisiteit in Suid-Afrika, dwing al hoe meer verbruikers om groener opsies te oorweeg. 'n Kenner van groenenergie verduidelik watter keuses verbruikers het, en wat die koste daarvan is. 'n Prokureur gee 'n opsomming van regspraktyke om duur regsonkostes in 2018 te vermy. En daar is riglyne vir entrepreneurs om vanjaar hulle nis in die mark te vind....more26minPlay
January 20, 2018Rand en sentDie digitale rewolusie maak dit al hoe makliker maak om geld uit te gee sonder dat jy werklik besef wat dit behels. 'n Navorser verduidelik hoe dit ons finansies beïnvloed, en hoe ons ons kinders kan leer om dit te hanteer. 'n Beleggingskonsultant bespreek die verskil tussen aktiewe en passiewe beleggings. En 'n skuldkenner het raad hoe jy skuld in 2018 moet aanpak en beperk....more26minPlay
January 13, 2018Rand en sent'n Ekonoom en navorser van finansiële welstand verduidelik stap vir stap hoe jy 'n goeie begroting op die maklikste moontlike manier kan opstel. En 'n finansiële kenner het inligting oor die jongste neigings vir spaar en beleggings in 2018....more26minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 753 episodes available.