Mediesefondspremies is van jou grootste maandelikse uitgawes. Jy moet egter mooi dink voordat jy sommer net alle mediese dekking staak in 'n poging om te bespaar. 'n Kenner gee 'n lys van mediese produkte wat jy nog kan kanselleer, en dit wat jy tot elke prys moet behou. In 'n reeks praatjies oor versekering, praat 'n makelaar oor produkversekering en wie dit almal behoort te hê, en 'n belastingkenner verduidelik hoe belastingwetgewing oor trusts verlede jaar verander het.