Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.
October 06, 2018Rand en sentMet die swak ekonomie het baie Suid-Afrikaners skaars geld om deur die maand te kom, wat nog te sê spaar. 'n Behoorlik opgestelde begroting is jou beste gids deur enige finansiële storm. 'n Ekonoom verduidelik stap vir stap hoe 'n mens dit doen. 'n Kenner praat ook oor klein- en medium sake-ondernemings wat noustrop trek....more21minPlay
September 29, 2018Rand en sentKenners gee wenke om op kruideniersware en brandstof te bespaar. 'n Finansiële beplanner deel die tien belangrikste lesse oor finansies wat hy glo elke ouer hulle kinders moet leer....more26minPlay
September 22, 2018Rand en sent'n Beleggingskonsultant praat oor bateklasse en hoe jy dit as beleggingsinstrument gebruik. 'n Versekeraar verduidelik hoe om jouself te beskerm wanneer jy jou privaat-versekerde voertuig vir 'n werkopdrag moet gebruik. 'n Finansiële beplanner gee die ses belangrikste finansiële produkte vir elke jong gesin....more27minPlay
September 15, 2018Rand en sentSoveel as 70% van motors op die land se paaie is nie verseker nie, waarskynlik omdat verbruikers wil spaar. Dit kan 'n voertuigeienaar egter baie duur te staan kom. 'n Versekeraar praat hieroor en gee wenke oor hoe om op motorversekering te bespaar. 'n Verbruikerspesialis verduidelik ook waarom die inligting op etikette op kosprodukte en klere belangrik is, en hoekom jy dit moet lees voordat jy iets koop....more25minPlay
September 08, 2018Rand en sent'n Beleggingskonsultant praat oor buitelandse beleggings. 'n Skuldkenner waarsku teen skuld om jou alledaagse uitgawes soos kos, brandstof en skoolgeld te dek. Wanneer kuberplakkers jou domeinnaam kaap: hoekom dit skadelik is, en hoe jy jouself daarteen kan beskerm....more25minPlay
September 01, 2018Rand en sentSuzaan Steyn se gaste kyk onder meer na die spaargewoontes van sogenaamde “geheime miljoenêrs”, en hoe om ontslae te raak van irriterende bemarkings-e-posse. 'n Verbruikerspesialis het ook spaarwenke vir die lente en komende somer....more26minPlay
August 25, 2018Rand en sent'n Verbruikerspesialis kyk na die vyf grootste foute wat verbruikers maak, en ook die vyf belangrike dinge wat ons reg doen. 'n Skuldkenner praat oor roekelose geldleenpraktyke, en die vereistes wat die nasionale kredietreguleerder in April ingestel het vir mense wat onder skuldberading gaan. En 'n beleggingskonsultant verduidelik die voordele van e-filing....more24minPlay
August 18, 2018Rand en sent'n Verbruikerspesialis kyk na die jongste verbruikersneigings, en wat dit beteken. 'n Finansiële adviseur beklemtoon die noodsaaklikheid van lewensdekking vir jong ouers. En wat is die moets en moenies wanneer jy regsadvies wil inwin om dalk 'n bietjie daarop te kan spaar....more26minPlay
August 11, 2018Rand en sentIn die laaste gesprek in 'n reeks oor aftrede, kyk 'n finansiële kenner na die grootste foute wat mense maak, en veral die rol wat ons verhouding met geld hierin speel. 'n Arbeidsregkenner klaar verwarring op oor permanente en sogenaamde tydelike kontrakte. En 'n prokureur verduidelik wat gedoen moet word wanneer volmag verval as jy nie meer in staat is om self besluite oor jou finansies te neem nie....more25minPlay
August 04, 2018Rand en sent'n Entrepreneur vertel hoe hy 'n onderneming bou uit sy liefde vir die plaaslewe. In die reeks oor aftrede, praat 'n finansiële kenner oor gesondheidsorg en hoe jy voorsiening moet maak vir wanneer jy nie meer jou eie geldsake kan hanteer nie. En 'n entrepreneur deel sy ervaring van die gebruik van sosiale media, en hoe dit sy onderneming beïnvloed....more27minPlay
FAQs about Rand en sent:How many episodes does Rand en sent have?The podcast currently has 742 episodes available.