Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Greatest Rivalry: Ons Speler van die Reeks is...
    In dié week se episode van Rapport Praat Sport deel ons toekennings uit: Die beste speler van die Greatest Rivalry-reeks, die beste voorspeler, agterspeler en die grootste oomblik.

    Ons kyk ook na wie onderpresteer het en sê wie vir ons die verrassingspakkie was.

    Wie was jou Speler van die Reeks? Laat weet ons by 076 878 1787 of per e-pos na [email protected]. Sport | Rapport
    26 min
  • Greatest Rivalry bewys SA sal ’n vyfster-WB kan aanbied
    In dié week se episode van Rapport praat sport praat ons oor die Suid-Afrikaanse been van die Greatest Rivalry-reeks wat ’n feesmaal vir rugbyliefhebbers was.

    Hoe lekker sal dit nie wees as Suid-Afrika weer ’n Wêreldbeker-toernooi kan aanbied nie, met toetse in nuwe stadions soos Soccer City en die Kaapstad-stadion!

    Hendrik Cronjé sê die reeks teen die All Blacks het juis soos ’n Wêreldbeker gevoel.En dan, op ’n ander noot, hoeveel maak die Baltimore-toets werklik saak?

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    21 min
  • Dave Rennie is slinkser as wat jy dink!
    Dave Rennie weet presies hoe om subtiele boodskappe by skeidsregters uit te kry. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor, en die fel bekgevegte wat steeds onverpoosd voortwoed.

    Jóhann Thormählen sê hy wonder of die Kiwi’s nie dalk in Richie Mo’unga se rigting moet begin kyk nie.

    Hy is ook bly Rennie het by Scott Robertson oorgeneem as die All Blacks se hoofafrigter – want nou het ons ’n vuurwarm en uiters mededingende Greatest Rivalry-reeks.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    18 min
  • Rassie bieg oor sy fout: ‘Ek moes Jesse op 13 hou’
    Rassie Erasmus het vandeesweek verskeie kere die skuld aanvaar vir die Springbokke se nederlaag van 16-33 teen die All Blacks in die eerste Greatest Rivalry-toets op Ellispark.

    Een fout wat hy gemaak het, is volgens hom om Jesse Kriel na vleuel te skuif ná Kurt-Lee Arendse se besering en sodoende sy middelveldkombinasie te ontwrig. In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor wat hy sê hy liewer moes doen.

    Ons kyk ook vorentoe na Saterdag se tweede toets.

    Hendrik Cronjé glo as die Bokke een of twee verstellings maak, kan hulle Saterdag in Kaapstad met 15 punte wen.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    16 min
  • Greatest Rivalry: Bekgevegte is Wêreldrugby se skuld!
    Die woordoorloë en kopspeletjies is in volle gang voor Saterdag se groot eerste toets van die Greatest Rivalry-reeks.

    Die All Blacks kla dat die Springbokke vertragingstaktiek in wedstryde inspan. Die Bokke sê nou weer die Kiwi’s duik met hul skouers by afbreekpunte in.

    Waarom dié felle bekgevegte? Dit is ’n gevolg van Wêreldrugby se nuwe skeidsregtersprotokolle, sê ons in vandag se episode van Rapport Praat Sport.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    20 min
  • Dié Kiwi’s lyk rof… Moet die Bokke bekommerd wees?
    Die Bokke het geswoeg om Argentinië te klop, terwyl die All Blacks Dinsdagaand die Haaie na ’n o. 19B-span laat lyk het. Is daar rede tot kommer?

    Vandag in Rapport Praat Sport gesels ons daaroor.

    ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    19 min
  • Skolerugby: Vuishoue, k-woord, opkikkers... maar ook spog-gedrag in Paarl
    Dit was ’n bedrywige naweek op die land se skolerugby-velde. Daar was bakleiery en k-woord-beweringe, maar aan die ander kant van die munt ook ’n spoggerige viering van sportmanskap in die Paarl.
    Vandag op Rapport Praat Sport gesels ons met die Netwerk24-sportverslaggewer Wim Pretorius hieroor, en vra die vraag: Hoe het professionaliteit in skolerugby die sport verander?
    Ons verwys ook na die oud-Affies-stut Deon Botes wat vir vier jaar geskors is weens die gebruik van ’n verbode middel.
    ° Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    32 min
  • Hoe gaan Rassie maak in dié 4 brandpunt-posisies voor 1ste Kiwi-toets?
    Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die vier groot brandpunt-posisies in die Springbok-span voor die eerste toets in die Greatest Rivalry-reeks op 22 Augustus.

    Hendrik Cronjé sê linkervleuel, losskakel, nr. 5-slot en vaskopstut sal Rassie Erasmus die langste besig hou wanneer hy sy span kies.

    * Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    24 min
  • Strydrosse keer terug: Is Siya se dae getel? Hokaai eers!
    Rassie Erasmus het Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu by sy Bok-groep ingesluit vir die toets teen Argentinië en die Greatest Rivalry-reeks teen die All Blacks.

    Ons gesels vandag daaroor op Rapport Praat Sport, en kyk ook watter spelers se aandele gestyg het tydens die drie Nasieskampioenskap-toetse in Julie.

    Ons praat ook oor Paul de Villiers se skitterspel, maar sê dit is nog heeltemal te vroeg om Kolisi af te skryf.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    24 min
  • Louis de Villiers: Rassie is die ou met die meeste breins wat ek ken
    Dié week sluit die legendariese rugbyskrywer Louis de Villiers hom op Rapport Praat Sport aan om Bok-rugby te gesels.

    Ons gesels oor die ongelooflike diepte wat Rassie Erasmus gebou het. Louis sê ook wie tans sy gunsteling-Springbokke is. Een is ’n slot en een is ’n heelagter.

    Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    15 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.