Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’
    Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld.

    Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie.

    De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer het.

    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    28 min
  • Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’
    In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê.

    Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol.

    Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voorlê, Suid-Afrika se deelname in Europa en talle ander Springbok-onderwerpe.

    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    23 min
  • 2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê
    In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie.
    Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport
    29 min
  • Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd
    Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . .
    Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie.
    Daarna raak dinge egter rof . . .
    Dié week in Rapport Praat Sport speel ons die Wêreldbeker op papier. Hendrik Cronjé sê ook Eben Etzebeth is beskikbaar om dié naweek vir die Haaie te speel.
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.  Sport | Rapport
    19 min
  • Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’
    Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld.
    Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld.
    Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat oor Suid-Afrika se skrumoorheersing en die toets teen Wallis wat voorlê. Hy woon deesdae in Engeland en tree gereeld op as rugbykommentator in wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap.
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.  Sport | Rapport
    32 min
  • Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’
    Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel.
    “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit.
    Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld.
    Hy is ook keelvol vir die talle “berade” wat die skeidsregter, sy assistente en die TV-blaser op die veld het wanneer beslissings gemaak word.
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel.  Sport | Rapport
    28 min
  • Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’
    Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith.
    Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê.
    Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n paar Italiaanse spelers wat die Bokke Saterdag probleme kan besorg. 
    Hy lug ook sy mening oor Lood de Jager se omstrede rooi kaart . . .
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    31 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.