Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • ‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
    Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne.In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se sege oor die Wallabies, die All Blacks se nederlaag teen Argentinië en Asenathi Ntlabakanye se positiewe toets vir die gebruik van ’n verbode middel.Ons het ook ’n stemnota van die 75-jarige Pex van Greunen ontvang, wat vir Rassie Erasmus ’n bietjie raad gee.• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    33 min
  • Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
    Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark.
    “Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody.
    Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane, afbreekpunte en die Bokke se versuim om ná hul groot voorsprong, terug te keer na tradisionele Bok-rugby. Ons glo wel sake sal dié naweek veel beter verloop.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    28 min
  • Wat is mense se probleem met Manie?
    ’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev.
    In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies.
    Du Plessis praat ook oor sy groot geveg.
    Hy sê hy weet hy kan sterf in die agthoek.
    “En dit sal my glad nie pla nie. As dít die laaste ding is wat ek doen, sal dit ongelooflik wees. Ek sien nog nie ’n lewe ná dié geveg nie,” sê Du Plessis.
    Ons praat oor Rassie Erasmus se spankeuses vir die Wallabies – en ons almal reken hy het raakgevat met Manie Libbok op losskakel. Ons wonder maar net: Hoekom is Bok-aanhangers altyd so vies as Libbok op nr. 10 begin?
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    33 min
  • Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’
    Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
    Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
    Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak.
    Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verseker die leerlinge dink nie nét aan rugby nie.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    33 min
  • Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
    By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon.
    Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne.
    “Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen.
    Die Kavaliers lyk nie net weg van die speelveld goed nie, maar ook tussen die vier wit lyne. Hulle het die Vrystaat-Cheetahs Sondag in ’n dramatiese kragmeting met ’n drie in die 88ste minuut geklop.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    34 min
  • Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
    Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry.
    Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Sport sy nuwe pos is daarom uiters uitdagend.
    Ackermann praat ook oor die Junior Bokke se sukses in Italië, en vertel oor die keer wat hy ’n paar koelbokse vol verversings in die Leeus se spankamer ingedra het.
    Ons gesels ook oor Rassie Erasmus se Springbok-groep vir die Rugbykampioenskap.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    37 min
  • Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais
    DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie.
    DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitgedink het.
    Dit is vir hom ’n groot voorreg dat die Springbokke ook nou dié beweging gebruik.
    “Rassie (Erasmus, Bok-breier) het die hek oopgemaak vir skoleafrigters om ook innoverend te probeer wees,” sê hy.
    Ons gesels ook oor Johan Ackermann se aanstelling as die nuwe Bulle-afrigter.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    30 min
  • Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’
    Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle.
    “Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en ons sal sien hoe speel sake uit,” sê Smith.
    Hy werp meer lig op die uitdagings by die Warriors, en gesels ook oor Italiaanse rugby nadat die Azzurri die Springbokke die afgelope naweek in Pretoria frustreer het. Smith is ’n voormalige hoofafrigter van Italië.
    Ons gesels ook oor Wiaan Mulder se besluit om die Proteas se beurt gesluit te verklaar teen Zimbabwe met Brian Lara se rekordtelling van 400 in sig. Smith, ’n goeie krieketspeler op sy dag, gee ook sy mening hieroor.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    36 min
  • Ruan Smith: Van skrums teen Kitsie tot vrousoek op ‘Op my Eish!’
    Ruan Smith is pas aangekondig as die nuwe vrygesel van KykNET se maatsoekprogram ‘Op my Eish!’. Dié week in Rapport Praat Sport gesels ons met dié voormalige Leeus-stut oor sy nuwe avontuur wat voorlê.
    Smith gesels ook padlangs oor sy rugbyloopbaan en die uitdagings wat hy in die gesig gestaar het ná sy uittrede verlede jaar.
    Smith sê hy het sy rugby die laaste paar jaar nie meer soos vroeër geniet nie. Hy glo ook ’n verandering is op Ellispark nodig as die Leeus weer ’n rugbykrag wil word.
    “Hulle kort iemand wat die hamer gaan slaan,” sê hy.
    Hy praat ook met groot lof oor Jake White, wat meer as 10 jaar gelede vir hom ’n geleentheid by die Brumbies gegee het.
    Smith verduidelik ook hoe die poetse begin het wat hy en sy tweelingbroer, JP, gereeld op mekaar bak. JP is ook ’n oudrugbyspeler. Die tweeling het mekaar al deur diep waters gehelp, sê Ruan.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    31 min
  • Jake se kop gaan rol: Selfs Rupert-vriendskap kan hom nie red
    In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Brenden Nel die burgeroorlog wat by Loftus Versfeld woed.
    Jake White gaan nie die rebellie teen hom oorleef nie.
    White, die Bulle se direkteur van rugby en hoofafrigter van die VRK-span, het sy kleedkamer verloor. Senior spelers soos Ruan Nortjé en Marcell Coetzee het onlangs ’n afvaardiging van spelers gelei wat met die Bulle-topbestuur oor White se leierskap vergader het.
    White geniet wel die ondersteuning van die Bulle se aandeelhouer Johann Rupert, maar selfs dit gaan hom nie kan red nie.
    Ons gesels ook oor die Bokke se wedstryd teen die Barbarians Saterdag in Kaapstad.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    38 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.