Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Rassie oor plan vir 2025: ‘Wen genoeg om goeie WB-loting te kry’
    Vandeesweek in Rapport Praat Sport kyk ons na die Proteas se spogsege in die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap. Ons hoor by Shukri Conrad wat dié oorwinning vir hom en sy span beteken.
    Ons hoor ook by Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, wat sy planne vir die jaar inhou en wanneer hy beoog om Boan Venter, sy nuwe loskopstut, op die grootste verhoog te toets.
    Ons bekyk ook die Bulle se nederlaag in die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap teen Leinster.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    23 min
  • Schalk oor Comrades: ‘Laaitie hol agter my aan vir handtekening!’
    Die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout het Sondag die Comrades-ultramarathon vir die eerste keer aangedurf en ’n tyd gehardloop waarmee hy sommer baie tevrede is.
    Dié week sluit hy hom op Rapport Praat Sport aan en gesels oor sy voorbereiding en sy wedloop. Hy vertel hy het in ’n stadium begin mik vir ’n goeie tyd en aanhoudend somme in sy kop gedoen om te verseker sy pas is reg.
    Dit was in dié stadium dat ’n pa en sy seun hom langs die pad herken, en sommer agter hom begin aanhardloop om sy handtekening te kry!
    Ons gesels ook oor die eindstryd van die Verenigde Rugbykampioenskap, en hoor by Victor Matfield wat die Bulle moet doen om Leinster te troef.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    26 min
  • Powell oor oogknip-sage: ‘Jaden se kramp so erg hy kon nog nie weer oefen’
    Die oogknip-herrie het die rugbywêreld behoorlik op hol. Siya Kolisi sê die Iere moet oor Jaden Hendrikse se stoute oogknip vir die Munster-losskakel Jack Crowley kom. Munster sê Hendrikse het aangesit – hy het g’n ’n kuitkramp gehad in dié spanne se spannende uitskopstryd verlede naweek op Kingspark nie.
    Dié week in Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan en onthul Hendrikse se kramp was so erg dat dié skrumskakel Dinsdag steeds nie kon oefen nie.
    Powell verklap ook wat alles agter die skerms gebeur het toe hulle besef die VRK-kwarteind stuur op ’n skopstryd af. Pakke dokumente is bestudeer, waaghalsige strategiese plaasvervangers is opgestuur, en ’n wit tekenbord is uitgerus om taktiek op te trek.
    Powell vertel ook hoe die jong Bradley Davids van oor tot oor geglimlag het voordat hy begin aanlê het pale toe.
    In nog dramatiese sportnuus hoor ons by Heinrich Klaasen wat die rede agter sy skok-uittrede uit internasionale krieket is.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    30 min
  • Die Bomb Squad-les wat Johann van Graan by Rassie leer
    Johann van Graan, voormalige Springbok-hulpafrigter, het in 2022 ’n Bath-rugbyspan geërf wat, in sy eie woorde, gebroke was.
    Binne drie seisoene het Van Graan dié Engelse span in ’n breker-eenheid omskep. Bath het vanjaar reeds die Premierliga se Beker-kompetisie gewen, en ook die Uitdaagbeker verower deur verlede naweek vir Lyon te klop.
    Hulle is boonop reeds verseker van die boonste plek op die Premierliga-punteleer.
    Van Graan sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en gesels oor die Bomb Squad-les wat hy by Rassie Erasmus geleer het, waarom hy glo Thomas du Toit een van die beste stutte ter wêreld is, en wat van Finn Russell ’n briljante rugbyspeler maak.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    34 min
  • Wat eet die wêreld se sterkste man? Álles, sê Rayno Nel
    As ’n jong laaitie in Upington was dit Rayno Nel se droom om eendag groot rugby te speel.
    Dié droom het later begin wegsyfer . . . en plek gemaak vir iets anders.
    Nel het die afgelope naweek die Worlds Strongest Man-kompetisie in Amerika gewen.
    “Ek sal nou dié sport vir niks verruil nie,” sê Nel in vandeesweek se episode van Rapport Praat Sport.
    Hy vertel wat dit verg om ’n sterkman te wees en sê ’n moeilike besluit wag nou op hom. Hy beoefen sy sport nou as amateur terwyl hy voltyds as ’n ingenieur werk, maar dít kan dalk binnekort verander . . .
    Nel vertel ook van die dag toe hy besef het hy kan dalk ’n sterkman wees.
    “Ons het toetse by die Ixias (die Sentrale Universiteit vir Tegnologie se rugbyspan) gedoen en toe bench press ek 200 kg.”
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na ons op 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    22 min
  • Brok Harris: ‘Toe gooi Luke Watson vir my ’n oefentrui...’
    Ná ’n loopbaan van bykans twee dekades, en 435 eersterangse wedstryde, het Brok Harris sy tokse weggebêre.
    Dié week sluit die Stormers-strydros hom by ons aan op Rapport Praat Sport om te oor sy loopbaan gesels. Hy verklap sy taaiste teenstander, die beste speler saam met wie hy ooit gespeel het, en hoe hy die teleurstelling verwerk het om nooit vir die Bokke te speel nie.
    Hy vertel waar sy bynaam vandaan kom, wie die eerste Stormers-spelers was wat hom laat welkom voel het in die Kaap, en hoe dit gevoel het om twee wedstryde op een dag te speel.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na ons op 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    37 min
  • Dawie Theron verklap: ‘Die berge wat ek moes versit om Pollard te kies’
    Dawie Theron was al die afrigter van Griekwas en die Junior Bokke, en ’n hulpafrigter by die DoCoMo Red Hurricanes in Japan. Waar was hy die gelukkigste? Net waar hy nou is – by Paarl Gimnasium as dié skool se direkteur van rugby.
    “Ek verdien seker die minste geld tot nog toe in my loopbaan, maar ek was nog nooit gelukkiger nie,” vertel Theron dié week op Rapport Praat Sport.
    Die oud-Bok-stut sê ook waarom hy glo die land se ryke skoletalent nie altyd in die Junior Bokke se uitslae weerspieël word nie.
    Theron vertel dan in die fynste besonderhede hoeveel hase hy uit hoede moes ruk om Handré Pollard in 2012 by die Junior Bokke betrek te kry. Pollard was toe nog in matriek.
    Hy gesels ook oor Franco Smith, sy tyd as skoolkind in Bloemfontein, en die skolerugby-sensasie Markus Muller.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    43 min
  • Jacques Burger: Rugby se taaiste man . . . én ’n J.K. Rowling-karakter
    Hy het sy neus etlike kere gebreek, albei sy wangbene gebreek, 12 operasies op die regterknie gehad en drie aan die regterskouer . . . geen wonder dat Jacques Burger bekend staan as een van die taaiste, mees ongenaakbare rugbyspelers tot nog toe.
    Vandeesweek sluit dié Namibiese boer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy rol as die Biltongboere se direkteur van rugby en ’n bietjie terug te kyk op sy loopbaan.
    Hy verklap wie sy taaiste spanmaat tot nog toe was (jy kan dalk verbaas wees) en wei ook ’n bietjie uit oor Owen Farrell.
    “Hy het altyd aan my geskree: Hit’em, Jack, hit’em, Jack!”
    Hy vertel ook die storie van hoe die Harry Potter-skrywer J.K. Rowling hom in een van haar boeke ingeskryf het en toe sommer vir hom ’n eksemplaar geteken het.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    31 min
  • Skolerugby: ‘Elke top-skool koop spelers’
    Skolerugby is reusagtig groot in Suid-Afrika. ’n Paar weke gelede het ons op Rapport Praat Sport die vraag gevra: Is dit besig om te professioneel te word? Dié week sluit Hannes Nienaber, die grootste skolerugby-kenner in die land, hom by ons aan.
    Ons praat oor skolerugby-strukture, reisreëlings, die keurproses en hoe beroepsgerig die spel nou werklik is op skolevlak. Hannes verduidelik ook hoe die “koop-proses” in skolerugby werk, en gee vir luisteraars ’n paar voorbeelde van spelers om voor uit te kyk hierdie jaar.
    Hy vertel ons ook hoe die ranglyste werk, en watter twee spanne volgens almal die top-twee in die land is vanjaar.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    31 min
  • Josh Strauss: ‘Schalk se bier-filosofie is in die kol!’
    Josh Strauss sluit hom vandeesweek op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Ikeys se sege in die Varsitybeker-reeks. Strauss, voormalige losvoorspeler van die Leeus, Glasgow, die Bulle en natuurlik Skotland, is die Ikeys se voorspelerafrigter.
    Hy vertel van ’n spanpraatjie wat die Bok-flank Schalk Burger eenkeer gelewer het en hoe hy in die kol was met sy bier-filosofie.
    Strauss praat ook oor sy loopbaan, wat die toekoms vir hom inhou en hoe dit gevoel het om vir Skotland uit te draf.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    34 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.