Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Vlok onthul: Vir dié Bok sal ek altyd ’n sagte plekkie hê
    In dié week se Rapport Praat Sport sluit Vlok Cilliers hom by ons aan om te gesels oor Frankryk se voorbereiding vir die Sesnasies-reeks. Hy verduidelik wat van Antoine Dupont so ’n spesiale speler maak, en verklap ook wie die beste skopper is wat hy tot nog toe afgerig het. Jóhann Thormählen keer ook vir sy paaltjies ná nóg ’n wilde Stormers-voorspelling. Laat weet ons wat jy dink by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    33 min
  • Die dag toe Dok aan Schuster sê: ‘Jy kom nie met daai str*nt na my toe nie!’
    In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Albert Heenop hom by Tinus van Staden en Jóhann Thormählen aan en deel staaltjies en inspirerende stories oor al die sportlui met wie hy al gesels het vir sy gewilde Wat het geword van-onderhoude. Hy vertel stories van Frik du Preez, Gary Player, Tommy Bedford, Rob du Preez, Kallie Knoetze, Shaun Tomson . . . en een van Leon Schuster en Dok Craven wat jy nié wil misloop nie. Laat weet ons wat jy dink by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    28 min
  • Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!
    Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks in sy baan kan hou. Ons praat ook oor Rassie Erasmus se planne vir die jaar, en wonder of die Proteas nie dalk ’n beter kans staan as wat mense dink om die Aussies op Lord’s te klop nie. Wat is jou sportwense vir 2025? Laat weet ons by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    29 min
  • George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak
    As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie van hoe hy die bus verpas het vir die kragmeting met Pakistan verlede week, en lig die sluier oor die geestelike ingesteldheid waarmee hy deesdae op die krieketveld stap. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen kies ook hul top-drie- Suid-Afrikaanse sport-oomblikke, en -sportsterre van 2024. Laat weet ons wie jy sou kies by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    30 min
  • Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug
    Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioeneliga. Jóhann Thormählen vertel hoe die atmosfeer by die Kaapstad-sewestoernooi was. En hier is ’n triviavraag vir jóú: Vanjaar het vyf Proteas hul eerste toetshonderdtalle geslaan. Die jaar met die vorige meeste debuut-honderdtalle was in 2016, toe drie Protea-kolwers die eerste keer dié mylpaal bereik het. Wie was dié drie kolwers? Laat weet ons by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    30 min
  • Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou
    In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe Wêreldrugby sewesliefhebbers beroof met ’n onsinnige nuwe formaat vir die toernooi in Kaapstad. Ons wonder ook hardop of SA Rugby se plan om ’n vennootskap met die Amerikaanse belegger Ackerley te sluit Vrydag gaan sneuwel. Laat gerus van jou hoor by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Sport | Rapport
    31 min
  • Rassie ondergaan groot operasie
    In dié week se Rapport Praat Sport onthul Hendrik Cronjé dat Rassie Erasmus pas ’n groot operasie ondergaan het. Ons praat ook oor die toekoms van Steven Kitshoff se loopbaan ná ’n nekoperasie, en neem die Bokke se spogseisoen in oënskou. Laat weet ons gerus wat jou hoogte- en laagtepunte van die jaar was, by [email protected], of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787. Wees ook op die uitkyk – volgende week het ons weer ’n spesiale gas wat hom by ons aansluit. Sport | Rapport
    32 min
  • Ackers onthul: Dís hoekom ek terugkeer na SA
    Johan Ackermann sluit hom dié week by Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe rol by die Junior Springbokke. Hy verduidelik waarom hy dié pos aanvaar het, verklap ’n paar geheime van Japanse klubrugby en erken ’n pos by die Bokke iewers in die toekoms is iets wat hy met albei hande sal aangryp. Peter Engledow, Cameron Hanekom se skole-afrigter, vertel van die dag dat Hanekom vir hom gesê het: “Meneer, ek sal dít nooit weer toelaat nie.” En voel dit vir jou ook of Rassie Erasmus na Cardiff opruk met ’n bazoeka om ’n hasie te jag, waar ’n windbuks sou deug? Sport | Rapport
    32 min
  • Rapport Praat Sport | Saru-baas: Wêreld is jaloers op Bokke
    In dié week se Rapport Praat Sport met Netwerk24 erken die grootbaas van SA Rugby, Rian Oberholzer, dit voel soms vir hom of daar jaloesie is oor Suid-Afrika se sukses. Dít nadat die rugbywêreld alweer knorrig is oor Rassie Erasmus se Bomb Squad. Oberholzer verduidelik ook waarom Suid-Afrika die 20-minuut-rooikaart-reël steun, en onthul Mark Alexander is gevra om te staan vir die pos van Wêreldrugby-voorsitter. Hendrik Cronjé en Tinus van Staden bespiegel oor wie die nr. 10-trui teen Engeland gaan dra, en die voormalige Namibiese losvoorspeler Renaldo Bothma vertel hoe hy met depressie en alkoholmisbruik gesukkel het nadat sy loopbaan beëindig is deur ’n krokodilrol – soortgelyk aan die een wat die Skotse slot Scott Cummings ’n rooi kaart teen die Bokke besorg het. Zandberg Jansen 2.0 maak ook weer sy opwagting. Stuur gerus enige vrae of kommentaar na [email protected].

    Lees Al Rapport se sportberigte op Nettwerk24 by https://www.netwerk24.com/rapport Sport | Rapport
    32 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.