Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • LUISTER | Rassie keer terug na Bomb Squad-wortels met Eben-dinamiet
    Pap, lepel, sous en Pieter-Steph du Toit se gunsteling-kos is maar net enkele van die vele gesprekspunte in dié week se Rapport Praat Sport. Hendrik Cronjé doen ook ’n meesterklas-ontleding van die All Blacks se skopplan, en Rassie verklap wat die énigste wedstryd is waarvoor hy sy heel beste Bok-23-tal kies. Tinus van Staden praat ook ’n bietjie krieket, en Jóhann Thormählen gee raad oor watter Suid-Afrikaanse atlete om dop te hou op die Paralimpiese Spele. Sport | Rapport
    32 min
  • Rapport Praat Sport | Dís die plan met Rassie se vreemde span
    Dis ’n gevoel wat Bok-fêns ongelukkig alte goed ken. ’n Reuse-oorwinning opgevolg deur ’n getjommel. Maar dié week kan dinge dalk net anders wees, ná ’n moontlike Rassie Erasmus-meesterskuif. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen is terug met nog ’n aflewering van Rapport Praat Sport, en bespiegel oor die redes agter Erasmus se laslappie-span. Ons kyk ook terug na die Olimpiese Spele, bespreek die korrelasie tussen sport en rook, en raak opgewonde oor Dricus du Plessis se groot geveg teen Israel Adesanya. Sport | Rapport
    31 min
  • Rapport Praat Sport | En Tony Brown se oogappel is…
    Wat moet ons lees in Sacha Feinberg-Mngomezulu se insluiting op losskakel in die Springbok-beginspan vir die eerste Rugbykampioenskapstoets teen Australië? En wat hou die toekoms vir die Wêreldbeker-held Handré Pollard in? In dié week se Rapport Praat Sport, probeer Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen om dié vrae te beantwoord. Ons raak ook filosofies oor Tatjana Smith se swem-ingesteldheid, en vereer Akani Simbine as Suid-Afrika se beste spoedvraat van alle tye (ja, selfs al was hy wéér die amper-man). Sport | Rapport
    31 min
  • Rapport Praat Sport | Dis mos Bok-guts daai van Tatjana!
    Die Olimpiese Spele is in volle swang, en die Suid-Afrikaners stel glad nie teleur nie. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Tatjana Smith se meesterklas in die swembad, die Blitsbokke se broekskeur-brons, en ons hoor ook van Philip Snyman, Selvyn Davids en Rosko Specman. En wat nog? O, ja! Hoe gaan Rassie maak op agtsteman en skrumskakel... Sport | Rapport
    33 min
  • Rapport Praat Sport | Rassie Erasmus: Die man sonder ’n ego
    Die B-Bokke was vyfster teen Portugal, en gelukkige Jan-Hendrik Wessels het die Vincent Koch-rekord vrygespring. In dié week se Rapport Praat Sport, gesels Tinus van Staden met Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen oor Rassie Erasmus se oog vir talent. John Dobson sê Sacha Feinberg-Mngomezulu is perfek, en Ricardo Louscher meen Krappies van den Berg kan nog báie toetse speel. En die opvolger vir Pieter-Steph du Toit is… ’n man met ’n ingenieursgraad. Sport | Rapport
    30 min
  • Rapport Praat Sport | Die volmaakte 3 minute van Ierse rugby-digkuns wat die Bokke sink
    Die bloed het geloop, die bier het gevloei en Ierland het hul pad tot ’n 1-1-uitslag in Durban oop-geskepskop. Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen gesels oor ’n toetsreeks uit die boeke, die mite van driedruk-rugby, die aard van sosialemedia-trolle, pap wiele, dubbeldoor-derduiwels en die volgende geslag sterre. Ons hoor ook wat sê Rassie Erasmus oor bitterpille in bekke, en kry die mening van Murray Kinsella, ’n Ierse joernalis, oor (eerbiedige) Bok-fêns. Sport | Rapport
    32 min
  • Rapport Praat Sport | Kookwater-Proteas verwelkom druk van die huis af
    Nog ‘n dag, nog ‘n groep Kiwi’s afgeslag. . . en nou skram niemand meer weg van praatjies oor ‘n Wêreldbeker-dubbel vir Suid-Afrika se rugby- en kriekethelde nie. So hoe voel die Proteas self? Hulle het lesse geleer uit hul eie én die Springbokke se onlangse naelskraap-seges, sê Rapport se sportredakteur, Tinus van Staden, en verwelkom die druk wat kom saam met Suid-Afrika se groot verwagtinge. Sport | Rapport
    22 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.