Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Neil Powell onthul waarom Haaie met B-span na Lyon opruk
    In dié week se Rapport Praat Sport sluit Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, hom by ons aan. Hy verduidelik die denkrigting agter die besluit om nie hul sterkste span na Lyon te stuur vir hul Uitdaagbeker-uitklopwedstryd daar nie.
    Hy verklap ook wanneer Eben Etzebeth en Aphelele Fassi na verwagting hul terugkeer ná beserings sal maak, en sê die span gaan voluit gaan vir silwerware in die Verenigde Rugbykampioenskap.
    Powell praat ook in diepte oor die span se kontrakteringsmodel, en gesels oor die Haaie se twee jong stersenters Jurenzo Julius en Ethan Hooker.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur vir ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    32 min
  • Is skolerugby te professioneel?
    In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons oor die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), skolerugby en krieket.
    Ons wonder hardop waarom die Haaie steeds nie volgens hul volle potensiaal presteer nie, maar besing ook Siya Kolisi se lof. Hy is tans die beste voorbeeld van die soort uithalerspel wat ’n gereelde Springbok vir sy plaaslike span moet lewer.
    Die skolerugby-seisoen begin momentum optel en ons bespreek weer die vraag: Het skolerugby te professioneel geword? Stuur tradisionele rugbyskole nog goed gebalanseerde seuns die wêreld in ná skool?
    Rob Walter het skielik uit sy pos as Protea-witbalafrigter bedank. Wat skuil daaragter en wie gaan hom opvolg?
    Dit en nog baie meer, vandeesweek in Rapport Praat Sport.
    • Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    38 min
  • FNB moes oorsese maatskappye uitstof om Bok-borg te word
    Hendrik Cronjé vertel dié week in Rapport Praat Sport die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het belangstelling van oorsese maatskappye gekry om die Springbokke se nuwe hoofborg te word, maar die aanbod wat Eerste Nasionale Bank (FNB) op die tafel geplaas het, was eenvoudig te goed om te ignoreer.
    Skielik, sê Hendrik, is Suid-Afrikaanse rugby in ’n baie gesonde posisie.
    Die voormalige 400 m-hekkiesatleet LJ van Zyl sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die prestasies van atlete soos Bayanda Walaza en Prudence Sekgodiso. Ons betree nou ’n goue era wat atletiek in Suid-Afrika betref, sê hy.
    LJ vertel ook meer oor sy doktorale studie, wat fokus op 11 Olimpiërs se lewensreise en ook kyk na die lewe ná sport.
    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    33 min
  • Jimmy Stonehouse: ‘Jy kan nie meer met ’n dom ou rugby speel nie’
    Vandeesweek se Rapport Praat Sport is ’n spesiale een: Die legendariese Jimmy Stonehouse, Puma-afrigter, sluit hom by ons aan. Hy praat padlangs oor die uitdagings wat die Pumas in die gesig staar, oor die huidige rugby-milieu en hoe dit in die laaste paar jaar verander het, maar ook oor dít wat hulle steeds in Mbombela regkry.
    Jimmy sê hoe belangrik dissipline en respek vir hom is – soveel so dat hy verlede jaar ’n paar spelers weggejaag het: “En dit het ons ’n plek in die halfeindronde gekos.”
    Hy wei ook uit oor die belangrikheid van internasionale deelname vir ’n span soos die Pumas en sê ook wat hom laat tiek: “As iemand my vra wanneer het jy dit gemaak, sê ek as jy opstaan en jy is gelukkig met wat jy doen. Then you’ve made it.”
    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    27 min
  • Kwota-storm: Warriors gelooi met R500 000-boete
    In dié week se Rapport Praat Sport bespreek Tinus van Staden en Fanie Heyns die jongste transformasie-herrie in Suid-Afrikaanse Krieket. Die Warriors is met ’n boete van R500 000 gelooi én is hul plek in die Eendagreeks se uitspeelwedstryde kwyt omdat hulle sonder toestemming nie aan KSA se transformasieteikens voldoen het vir ’n kragmeting met die Dolphins nie.

    Ons bespreek dié situasie en kyk ook na transformasie in die breë in Suid-Afrikaanse krieket. Word genoeg gedoen om te verseker die Proteas het ’n groot en diverse talentpoel om uit te kies? Indien nie, wat kan nog gedoen word? Wanneer gaan ons die punt bereik waar teikens oorbodig is?

    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    30 min
  • Onthul: Felix en sy gesin wil sak en pak na SA trek
    Springbok-nuus is volop: Felix Jones keer terug, Handré Pollard word weer ’n Bul . . . en Rassie Erasmus het Woensdag op sy eerste mediakonferensie van die jaar onthul hy wil nóg drie Bok-wedstryde – twee toetse en ’n kragmeting met die Barbarians – tot die span se skedule vir 2025 voeg. Dit sal beteken Suid-Afrika speel vanjaar in 15 wedstryde. ’n Propvol rugby-spyskaart!

    Hendrik Cronjé sê Pollard gaan een van die grootste plaaslike kontrakte tot nog toe kry, maar hy is steeds agter Siya Kolisi in die tou van Suid-Afrikaanse rugbyspelers met die beste inkomste.

    Ons wonder ook hardop wat Tony Brown dink van Jones se terugkeer. Tony is immers in sy voormalige pos aangestel . . .

    Hendrik sê ook Erasmus, Jones, Jerry Flannery en Jacques Nienaber is steeds saam op ’n WhatsApp-groepie.

    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    30 min
  • Kitsie gee raad vir ’n goeie lewe ná rugby
    In vandeesweek se Rapport Praat Sport kyk ons terug op die spogloopbaan van Steven Kitshoff en hoor ook sy raad vir spelers wat die lewe ná rugby betref.

    Hendrik Cronjé verklap ook hy werk aan ’n berig vir Sondag oor die Stormers se opvolgplan ná Kitshoff se uittrede.

    Ons gesels ook oor die moeilike oorgang van rugbyspeler na die “gewone lewe” en bekyk Wêreldrugby se vreemde regulasies wat Benhard Janse van Rensburg nou dalk gaan verhinder om vir Engeland te speel.

    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    31 min
  • Philip Snyman: ‘Dís die lesse wat ek by Rassie leer’
    Philip Snyman, die Blitsbok-breier, vertel dié week in Rapport Praat Sport hoe hy lesse by dié span toepas wat hy by die Springbok-afrigter Rassie Erasmus geleer het. En dit handel natuurlik ook oor Erasmus se slim planne wat spansamestelling betref.
    Die Blitsbokke speel dié naweek in die Vancouver-toernooi van die Wêreld-sewesreeks, en Snyman vertel hoe hy sy groep vir die toernooi gekies het.
    Snyman sê ook: “Skryf dié jong man se naam neer, hy is spesiaal...”
    Gepraat van Erasmus – het julle gesien hoe die Sesnasies-afrigters hom probeer naboots?
    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    32 min
  • Bulle-baas Strauss: ‘Dalk betaal ons ons spelers te veel’
    In vandeesweek se Rapport Praat Sport sluit Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, hom by ons aan om te praat oor al die uitdagings op die rugbylandskap. Hy benadruk die belangrikheid van goeie, betroubare ekwiteitsvennote in rugby en sê ’n 12-maande-rugbykalender is nie volhoubaar nie. Ons praat ook oor Matthew Breetzke se spogbeurt teen Nieu-Seeland, Dricus du Plessis se oorwinning oor Sean Strickland en die Bulle se “tronk-ontsnapping” in Kaapstad.
    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur aan ons stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    27 min
  • Rob Walter: ‘Temba is geestelik sterker as báie mense daar buite’
    Dit is ’n waterskeidingsweek vir Suid-Afrikaanse rugby, met ’n reuse-vergadering wat Donderdag in Johannesburg plaasvind. Hendrik Cronjé sê sommige rugbybase voel die toekoms vir Suid-Afrikaanse rugby lê in ’n stelsel met slegs ses tot agt beroepspanne, en die res wat dan amateur-status het.

    Ons gesels ook oor die SA20-liga, Sesnasies-reeks, Dricus du Plessis se reuse-geveg teen Sean Strickland wat voorlê en oor die onervare Protea-span wat gekies is vir die driehoekige toernooi teen Nieu-Seeland en Pakistan. Ons hoor ook by Rob Walter hoe hy voel oor Temba Bavuma se gereedheid vir die Kampioenetrofee, nadat die Protea-kaptein nie in die SA20-liga in aksie was nie.

    Ons wil ook baie graag van jou hoor! Stuur vir ons stemboodskappe wat ons op die volgende episode kan speel na 076 878 1787. Sport | Rapport
    32 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.