Rapport Praat Sport

Rapport Praat Sport

By Netwerk24 KlankgolweSportsRugby
Download on the App Store

Rapport Praat Sport episodes

  • Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’
    Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter. 
    Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne. 
    “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer. 
    Hy is egter besig om innoverende planne te beraam.
    Meyer gesels ook oor die Bokke se groot toets teen Frankryk Saterdag, en lug sy mening oor Suid-Afrika se losskakel-rykdom.
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    36 min
  • Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’
    Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. 
    Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het.
    Die Bokke pak Saterdag weer Japan in Engeland.
    Alberts sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om daaroor te gesels en ook terug te kyk oor sy loopbaan van twee dekades.
    • Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    30 min
  • Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .
    Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap.
    Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het elkeen van ons se topdrielys vir die beste Bok van die reeks gehaal. Kan jy raai wie dit is?
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    35 min
  • Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’
    Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu.
    Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas.
    “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die wêreld se beste losskakels in die groep – laat staan nog net Suid-Afrika,” sê Botha.
    Hy praat ook oor Libbok se verbeterde stelskopwerk en deel ’n paar staaltjies uit sy speeldae.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    39 min
  • Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue
    Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.
    “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin.
    As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gesels oor die Curriebeker-eindstryd van die afgelope naweek. Hy deel ook sy mening oor die Springbokke in aanloop tot Saterdag se groot toets teen Argentinië.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    27 min
  • Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’
    Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels.
    “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot.
    Dit het egter alles verander toe Fabien Galthié as hoofafrigter oorgeneem het. Willemse gesels ook oor sy interessante grootwordjare, sy tyd saam met die Junior Springbok-span wat die Wêreldtoernooi in 2012 gewen het en hoe hy gevoel het tydens die Bokke en die Hane se titaniese kwarteindstryd in 2023.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    38 min
  • Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’
    Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland.
    “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet. 
    Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaanse blasers op die grootste verhoog is.
    Ons bespreek ook die agterlyn wat Rassie Erasmus vir Saterdag se tweede toets in Wellington gekies het. 
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    28 min
  • Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’
    Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud
    “Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe.
    Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook oor die omstrede rooi kaart wat Bismarck du Plessis in dié veelbesproke toets gekry het vir ’n klipharde duikslag op Dan Carter.
    • Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport
    35 min

About Rapport Praat Sport

From the publisher's feed

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.