Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
May 11, 2026Regsake 11 Mei 2026Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor erflatings en erfgename wat sterf. Prokureur Est-Marie McCallahan praat oor die beskerming van diere. Het diere regte in Suid-Afrika?...more21minPlay
May 04, 2026Regsake 4 Mei 2026Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon wat geld in ‘n Ponzi-skema belê het sonder dat hy geweet het. Hy praat ook oor selfoonmaatskappye se verantwoordelikheid ten opsigte van bedrieglike boodskappe wat op hulle netwerke gedeel word. Igna groet Regsake ná 34 jaar. Hy deel van sy mooiste herhinneringe....more24minPlay
April 27, 2026Regsake 27 April 2026Igna Klynmsith praat oor regstelsels, en wat dit behels. Hy praat ook oor die anominiteit van minderjariges wat misdade gepleeg het....more18minPlay
April 20, 2026Regsake 20 April 2026Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor die betaling van tussentydse onderhoud. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor wat die afkondiging van ‘n nasionale ramp behels. Spesialisgas, Est-Marié McCallaghan praat oor 'n nuwe wet wat beter beskerming aan bejaardes sal gee....more24minPlay
April 13, 2026Regsake 13 April 2026Igna Klynsmith bespreek belangrike nuwe reëls wat gemeenskapsskemas sal bëinvloed. Hy bespreek ook ‘n saak wat handel oor ‘n geskeide paartjie met ’n minderjarige, wat steeds nie kan ophou baklei nie. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor afleggings na aanleiding van ondernemings wat afskaal of tot niet gaan....more22minPlay
April 06, 2026Regsake 6 April 2026Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor teistering. Spesialisgas Volker Kruger bespreek twee interessante regsvrae. Moet die eerste vrou toestemming gee vir die sluit van 'n gebruiklike huwelik met die tweede vrou? En, kan kinders daarop aandring dat die oorskot van 'n oorledene vir vaderskaptoetse opgegrawe word?...more24minPlay
March 30, 2026Regsake 30 Maart 2026Igna Klynsmith praat onder meer oor kuber-afknouery. Spesialisgas Susan de Wet bespreek die saak van ‘n mnr. Zilwa teen die Wes-Kaapse LUR vir Vervoer en Openbare Werke en die Minister van Polisie omdat hy onder meer sonder ‘n lasbrief deur ‘n provinsiale verkeersbeampte in hegtenis geneem is....more19minPlay
March 23, 2026Regsake 23 Maart 2026Igna Klynsmith bespreek huwelike buite gemeenskap van goedere. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n hofsaak wat handel oor die geldigheid van ’n testament. Die oorledene het die testament met 'n duimafdruk geteken, en daar is geargumenteer dat sy onbehoorlik beïnvloed is....more22minPlay
March 16, 2026Regsake 16 Maart 2026Igna Klynsmith praat oor motorongelukke, en padreëls wat verontagsaam word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor ‘n Wes-Kaapse regter se beweerde onregmatige besetting van eiendom, en die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond....more23minPlay
March 09, 2026Regsake 9 Maart 2026Igna Klynsmith bespreek die onwettige besetting van private eiendom. Michelle van der Merwe, ’n patentprokureur, praat oor kunsmatige intelligensie, en aan wie sekere skeppings nou eintlik behoort - al is jy die een wat die inligting ingevoer het....more21minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.