Regsake

Regsake

Download on the App Store

Regsake episodes

  • Regsake: Skadevergoeding vir onregmatige arrestasie; Mag jou werk jou summier afdank?
    22 Junie 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek ‘n saak wat handel oor wanneer jy skadevergoeding van die Staat vir onregmatige arrestasie en aanhouding kan eis. Tiaan Joubert verduidelik of jou werkgewer jou summier mag wegjaag. Hy beantwoord onder meer vrae oor wat substantiewe billikheid behels, wanneer ‘n verhoor moet plaasvind, en of dit waar is dat jy eers drie waarskuwings moet kry voor jy afgedank kan word.
    23 min
  • Regsake: Outeursreg; Aftreeouderdom
    15 Junie 2026: Patentprokureur Bianca Luwe praat oor outeursreg, wat mense soms dink slegs op skrywers, kunstenaars en musikante van toepassing is. Dr. Gerrie Ebersohn bespreek die arbeidsreg met betrekking tot jou aftreeouderdom.
    16 min
  • Regsake: Konsepgedragskode oor toegangsbeheer
    8 Junie 2026: Prokureur Tiaan Joubert praat oor die Inligtingsreguleerder se konsepgedragskode oor toegangsbeheer by geboue en komplekse. Est-Marié McCallaghan praat oor onwettige bouery in komplekse, en gepaargaande boetes.
    22 min
  • Regsake: Laster in die werkplek; Padongelukkefonds en eise vir kapings

    25 Mei 2026: Arbeidsregkenner Johan Botes bespreek ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Polokwane oor laster in die werkplek. Susan de Wet bespreek ‘n saak oor wanneer die Padongelukkefonds aanspreeklik gehou kan word vir beserings wat tydens ‘n kaping opgedoen is. Sy bespreek ook ‘n saak oor ‘n passasier wat ‘n motor se handrem opgetrek het terwyl die bestuurder besig was om te bestuur.

    18 min
  • Regsake: Tussentydse onderhoud & die ignorering van regsdokumentasie
    18 Mei 2026: Boedelspesialis Volker Krüger bespreek 'n hofsaak oor twee lewensmaats wie se paaie geskei het. Die vraag is of die vrou tussentydse onderhoud van die man kan eis, hangende die litigasie oor die verdeling van hulle bates. Prokureur Tiaan Joubert verduidelik wat met jou kan gebeur indien jy regsdokumentasie sou ignoreer.
    21 min
  • Regsake 11 Mei 2026
    Prokureur Elsa Kruger-Willemse praat oor erflatings en erfgename wat sterf. Prokureur Est-Marie McCallahan praat oor die beskerming van diere. Het diere regte in Suid-Afrika?
    21 min
  • Regsake 4 Mei 2026
    Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n persoon wat geld in ‘n Ponzi-skema belê het sonder dat hy geweet het. Hy praat ook oor selfoonmaatskappye se verantwoordelikheid ten opsigte van bedrieglike boodskappe wat op hulle netwerke gedeel word. Igna groet Regsake ná 34 jaar. Hy deel van sy mooiste herhinneringe.
    24 min
  • Regsake 27 April 2026
    Igna Klynmsith praat oor regstelsels, en wat dit behels. Hy praat ook oor die anominiteit van minderjariges wat misdade gepleeg het.
    18 min
  • Regsake 20 April 2026
    Igna Klynsmith bespreek ’n saak oor die betaling van tussentydse onderhoud. Hy beantwoord ook ‘n luisteraarsvraag oor wat die afkondiging van ‘n nasionale ramp behels. Spesialisgas, Est-Marié McCallaghan praat oor 'n nuwe wet wat beter beskerming aan bejaardes sal gee.
    24 min

About Regsake

From the publisher's feed

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.