Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
February 14, 2022Regsake 14 Februarie 2022Aan wie behoort die verloofring wanneer ‘n verlowing verbreek word? Igna Klynsmith beantwoord dié vraag, en bespreek ook drie wysigingswette wat onlangs bekragtig is wat verband hou met die bekamping van geslag- en gesinsgeweld....more27minPlay
February 07, 2022Regsake 7 Februarie 2022Igna Klynsmith bespreek onder meer die kwessie van kringtelevisiekameras in die werkplek; afdanking as gevolg van die misbruik van siekverlof; en die regte en bevoegdhede van buurtwagforums....more26minPlay
January 31, 2022Regsake 31 Januarie 2022Igna Klynsmith beantwoord vrae oor die staking van betaling van tyddeelheffings; wie kan die beste raad gee oor sonering; hoe gemaak met ‘n foutiewe mediese rekening; en kan ‘n bejaarde ouer sy kinders dagvaar vir onderhoud?...more29minPlay
January 24, 2022Regsake 24 Januarie 2022Igna Klynsmith praat oor die kuns van kruisondervraging. Hy bespreek onder meer die vraag of ‘n spermskenker regte het ten aansien van die kind; huwelike met buitelanders; en of toegang geweier mag word aan beamptes of kontrakteurs wat elektrisiteitsmeters moet lees....more27minPlay
January 17, 2022Regsake 17 Januarie 2022Igna Klynsmith bespreek die konsep geregtigheid. Verder bespreek hy ook ‘n saak oor die verdeling van pensioen by ‘n egskeiding, en beantwoord ‘n vraag oor verantwoordelikheid vir skuld: moet jy herinner word dat jy jou skuld moet betaal?...more26minPlay
January 10, 2022Regsake 10 Januarie 2022Igna Klynsmith bespreek kontraktuele verpligtinge en die onmoontlikheid om te presteer as gevolg van iets soos die inperkingsmaatreëls. Hy beantwoord ‘n vraag oor mede-eienaarskap van eiendom en vererwing, en die oordrag van bates aan erfgename voor die afsterwe van die erflater. Hy verduidelik ook hoe werk beslaglegging....more27minPlay
January 03, 2022Regsake 3 Januarie 2022Hoe gemaak met ‘n familielid wat nie sy skuld terugbetaal nie? Igna Klynsmith bespreek ook ‘n hofuitspraak wat spruit uit ‘n voorval toe iemand tydens die laaste kolfbeurt van ‘n krieketwedstryd reg voor iemand anders wat na die wedstryd gekyk het, voor die televisie gaan gestaan het; en ‘n weduwee se eis teen die Minister van Polisie vir die verlies van onderhoud nadat haar man in aanhouding selfmoord gepleeg het....more27minPlay
December 27, 2021Regsake 27 Desember 2021Igna Klynsmith bespreek ‘n saak oor ‘n ná-huwelikse voorwaarde kontrak; en die vraag of ‘n sakeonderneming op ‘n residensiële erf bedryf kan word. Hy beantwoord ook ‘n vraag oor ‘n plaasvervanger-erfgenaam se aanspreeklikheid vir die skuld van die oorspronklike erfgenaam....more27minPlay
December 20, 2021Regsake 20 Desember 2021Igna Klynsmith bespreek ‘n hofuitspraak oor bepalings van kopieregwetgewing wat verander moet word; ‘n appèlhofuitspraak oor die oordrag van watergebruiksregte en ‘n regsontwikkeling wat voortaan dalk die sogenaamde SLAPP-verweer (strategiese litigasie teen openbare deelname) in Suid-Afrika moontlik kan maak....more27minPlay
December 13, 2021Regsake 13 Desember 2021Igna Klynsmith bespreek ‘n appèluitspraak oor die eienaarskap van ‘n bakkie nadat ‘n saamwoonverhouding skeefgeloop het; ‘n appèluitspraak wat moontlik ‘n belangrike regsontwikkeling kan wees oor misleidende inligting in ‘n versekeringseis; en hoe en in watter omstandighede ‘n testamentêre trust tot stand gebring word....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.