Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
January 11, 2016RegsakeGert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae....more25minPlay
January 04, 2016RegsakeIgna Kynsmith gesels met Ian Wessels oor die onlangse uitbreiding van ontoerekeningsvatbaarheid as verweer. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die beslaglegging op 'n man wat nog nie afgetree het nie se pensioen vir agterstallige onderhoud, en wat dit beteken om van bed en tafel geskei te wees. Is dit vandag nog relevant?...more23minPlay
December 28, 2015RegsakeIgna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor klagtes oor vakansieklubs, of 'n mens jou motor se hoofligte moet aanskakel as jy in die dag reis, en die toename in eise vir mediese nalatigheid. Ian deel ook 'n bietjie humor uit die boek wat hy tans aan die skryf is....more26minPlay
December 21, 2015RegsakeIan Wessels en Igna Klynsmith bespreek borgtog wat die polisie aan jou kan toestaan na arrestasie, en wat om te doen wanneer jy in 'n ongeluk betrokke was. Igna bespreek ook 'n hofsaak oor die kwessie of die regering verplig is om gevolg te gee aan bevindings van die openbare beskermer....more23minPlay
December 14, 2015RegsakeIgna Klynsmith bespreek die volgende regskwessies met Ian Wessels: Onlangse hofsake oor gesinsgeweld en die beskerming waarop slagoffers geregtig is; swaar strawwe wat opgelê is aan 'n boer wat toegelaat het dat broodbome op sy plaas uitgehaal word; en die afdwingbaarheid van kontrakte wat strydig is met die openbare belang....more26minPlay
December 07, 2015RegsakeIan Wessels en Igma Klynsmith gesels oor die sanger Jub Jub Maarohanye se appèl teen sy skuldigbevinding aan moord, waarin belangrike bevindings oor dolus eventualis (opset by moontlikheidsbewussyn) gemaak is. Hulle bespreek ook wanneer die wetgewing wat verbruikers beskerm, ook op huurders van toepassing is; of die munisipaliteit jou krag kan afsny as die vorige eienaar van jou huis hulle nog geld skuld; en wanneer jy 'n huweliksvoorwaardekontrak kan sluit om jou huwelik binne gemeenskap van goed te verander....more25minPlay
November 30, 2015RegsakeIgna Klynsmith beantwoord luisteraars en agente se vra oor agentekommissie....more23minPlay
November 23, 2015RegsakeIgna klynsmith het goeie nuus vir lede van die staatsdiens se pensioenfonds. Hy verduidelik ook die beginsels ter sprake om ontslae te raak van 'n trustee waarin jy vertroue verloor het, en bespreek die staat se appèl teen J. Arthur Brown se vonnis in die veelbesproke Fidentia-saak....more27minPlay
November 16, 2015RegsakeNa aan leiding van die RSG Kunstefees gesels Igna Klynsmith breedvoerig oor outeursreg. Hy bespreek ook die vraag watter misdade verjaar sodat die beskuldigde nie meer daarvoor aangekla kan word nie, en wat uitgesluit is van die aanwasbedeling....more25minPlay
November 09, 2015RegsakeIgna Klynsmith bespreek 'n paar onlangse hofuitsprake. Dit handel oor mediese nalatigheid by 'n staatshospitaal; of 'n prokureur persoonlik aanspreeklik is vir 'n onherroepelike waarborg wat hy namens sy kliënt gee; en wanneer 'n vermoedelik geestesongestelde persoon gearresteer kan word om te verhoed dat hy 'n misdaad pleeg....more26minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.