Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
March 20, 2016RegsakeIgna Klynsmith praat oor kraamverlof vir 'n man in 'n gay huwelik; 'n lastereis teen 'n winkel omdat 'n vrou se handsak deursoek is vir gesteelde items; algemene terminologie in versekeringspolisse; en kommersiële mediasie. 'n Hofsaak oor bouwerk wat 'n erf se grense oorskry, word ook bespreek....more26minPlay
March 14, 2016RegsakeIgna Klynsmith vertel wat om te doen as jy getroud is, maar volgens Binnelandse Sake is jou eggenoot geskei. Hy bespreek ook 'n hofsaak waarin 'n man wat sy tweede vrou se kinders wettig aangeneem het, vra dat hy daarvan vrygestel word. 'n Vraag wat vir baie luisteraars relevant sal wees is of jy Outsurance moet laat weet van voorvalle waarvoor jy nie eis nie om jou Outbonus te beskerm....more26minPlay
March 07, 2016RegsakeIgna Klynsmith vertel van 'n hofsaak in Engeland waar 'n vrou as surrogaatmoeder haar eie dogter se eierselle wil gebruik. Hy bespreek ook die vonnisse wat in die Krion-bedrogsaak opgelê is, en die administratiewe pligte van trustees. Hy verduidelik ook die gevare daarvan om meer as R500 000 aan iemand te leen. Wanneer is so 'n lening onafdwingbaar?...more26minPlay
February 29, 2016RegsakeIgna Klynsmith praat oor 'n nuwe wetsontwerp om kabeldiefstal te beperk; jou openbaarmakingsplig teenoor versekeraars; en die vereistes van die kredietwet oor bekostigbaarheid van nuwe krediet. Hy beantwoord ook 'n luisteraar se vraag oor 'n spoedboete in 'n meenthuiskompleks....more24minPlay
February 22, 2016RegsakeIgna Klynsmith verduidelik hoe die president van sy amp onthef kan word. Hy bespreek ook wetgewing oor teistering op sosiale media, en gesels na aanleiding van die drankverbod destyds in die VSA, oor die kanse op sukses van wetgewing om die verkoop en adverteer van alkohol te beperk....more26minPlay
February 15, 2016RegsakeIgna Klynsmith wy die grootste deel van die program aan 'n bespreking oor wanneer 'n mens in selfverdediging of noodweer mag optree. Hy beantwoord ook die vraag of 'n weduwee wat finansieel deur haar kinders gehelp word, steeds 'n onderhoudseis teen haar oorlede man se boedel het....more23minPlay
February 08, 2016RegsakeGert Nel is 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukkefonds. Hy vertel hoe die beoogde wysigings die publiek sal raak. Die program bevat skokkende statistiek....more26minPlay
February 01, 2016RegsakeIgna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor beperkings op die uitsaai van parlementêre verrigtinge; onderversekering op jou motor en huisinhoud; en hoe gemaak met verlore aandelesertifikate. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor die uitvoering van 'n rassistiese bepaling in 'n testament....more26minPlay
January 25, 2016RegsakeWanneer mag iemand op privaatgrond begrawe word? Is die wetgewing oor die afdwing van onderhoudsbevele teen pensioenfondse ook op uittree-annuïteite van toepassing? Watter invloed het dit op 'n gesamentlike huisverband as die een gade sterf? Is 'n pasiënt verantwoordelik vir hospitaaluitgawes as haar man se mediese fonds uitgeput is? Igna vertel ook van 'n hofsaak oor babas wat by geboorte omgeruil is....more26minPlay
January 18, 2016RegsakeGert Nel, 'n prokureur wat spesialiseer in eise teen die Padongelukfonds, kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith in die RSG ateljee. Hy bespreek nuwe voorgestelde wetgewing en beantwoord luisteraars se vrae....more24minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.