Diepsloot was in 2008 internasionaal in die kollig toe buitelanders daar brutaal vermoor is in xenofobiese aanvalle. Ná die voorvalle het die regering onderneem om hierdie groot township, in die noorde van Johannesburg, te ontwikkel. Maar, terwyl 'n paar opgraderings wel gedoen is, bly Diepsloot 'n plek van armoede, intense wanhoop, gewelddadige misdaad, siekte en dood. Mia Malan en Darren Taylor neem jou na die hart van Diepsloot - 'n plek wat al dikwels as een van Suid-Afrika se gevaarlikste gebiede beskryf is.