Charl du Plessis en Trio se album, Baroqueswing Volume 2, is onlangs aangewys as die SAMA wenners vir die beste klassieke/instrumentale album. Die trio is bekend vir hulle crossover-styl tussen jazz en klassieke musiek. Crossover is 'n genre wat oor die algemeen blyk of dit gewild kan wees onder Suid-Afrikaners, maar tog is sommige kunstenaars huiwerig om hulle musiek klassieke crossover te noem. Este Gross praat met Charl du Plessis oor die crossover en die vooropgestelde idees wat mense oor klassieke crossover het.