Linette van der Merwe, voorsitter van die Wakkerstroom Musiekfees, gesels oor die fees wat van 18 tot 21 Maart plaasvind; Christelle Webb-Joubert vind uit waarna feesgangers vanjaar kan uitsien by die 22ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn; Geon Nel vertel van die ruimte-spesifieke produksie, Nagwandelaars, wat te sien is by vanjaar se KKNK; Johan van Lill maak 'n draai by een van Liewe Heksie, Flower Power se repetisies; Este Gross woon 'n geleentheid by waar die PPC Imaginarium-toekennings se algehele wenner aangekondig word.