Het jy al die van naam Marvin Hamlisch gehoor? Of van die musiek wat deur hom gekomponeer is? Sy storie is nie baie bekend nie, maar dit is beslis interesstant. As komponis het Hamlisch feitlik elke groot prys wat bestaan gewen; drie Oscars, vier Grammys, vier Emmys, 'n Tony en drie Golden Globe-toekennings. Hy het musiek vir Broadway geskryf, meer as veertig rolprent tellings was deur hom saamgestel en hy was die musikale regisseur en verwerker van Barbra Streisand se 1994 konserttoer van die VSA en Engeland. Uit een van sy musikale het Pieter Toerien en Jonathan Roxmouth 'n biografiese samestelling gedoen en hierdie legende se lewe op die verhoog uitgebeeld. Martin het onlangs met Jonathan gepraat en gevra hoekom hulle die tietel ' I'm playing your song' gekies?