Die verhouding tussen ‘n Spaanse danser en die kitaarbegeleier is uniek, want van die musiek en dans is dikwels improvisasies. Dan is daar ook die gebruik van die skoene, wat baie anders is as dié van klopdansers. Terrance April gesels met Corli Olivier wat saam met James Grace in die vertoning, ROMANZA, by die Pieter Toerien Teater by Montecasino in Johannesburg optree.