Die rol van fiksheid het onder die loep gekom nadat Dane van Niekerk uit die vroue Proteaspan vir die T20-krieketwêreldbeker weggelaat is. Jody Hendricks bespreek hoekom fiksheid in 'n spansport belangrik is met Tinus van Staden, sportredakteur by Rapport, en prof. Wilbur Kraak, ‘n sportwetenskaplike by Maties.