Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Die Beleidsradar is Sakeliga se podsending oor beleid en hoe dit jou en jou besigheid raak.www.sakeliga.co.za... more
FAQs about Sakeliga Beleidsradar:How many episodes does Sakeliga Beleidsradar have?The podcast currently has 90 episodes available.
May 23, 2022Sakekern [Pretoria FM] Gesprek oor Eskom, Sakeliga se komende energiestrategieGerhard van Onselen (strateeg, Sakeliga) gesels met James Kemp op die Sakekern, Pretoria FM oor 'n onlangse meningsartikel deur Russell Lamberti (uitvoerende direkteur by Sakeliga). Lamberti meen dat energie-onafhanklikheid nie verleen gaan word nie, teruggeneem moet word. Dit beteken dat Sakeliga 'n baie sterker postuur teenoor die mislukkende energieregulering sal inneem....more12minPlay
May 16, 2022Sakekern [Pretoria FM] Moet skrootmetaal 'verbied' word?Gerhard van Onselen (Sakeliga Strateeg) gesels op Sakekern (Pretoria FM) se Beleidsradar-insetsel met James Kemp oor onlangse voorstelle dat handel in skrootmetaal verbied moet word. Daar word ondermeer gekyk na die ligitieme mark in skrootmetaal, die vraag oor die wanbestuur van openbare instellings en newe-effekte van 'n verbod....more9minPlay
May 10, 2022Sakekern [Pretoria FM] Kykie na wetsvoorstel op klimaatsverandering - impak op sakeGerhard van Onselen (Strateeg, Sakeliga) gesels met James Kemp oor die wetsontwerp oor klimaatverandering. Die wetsontwerp is ‘n poging om ‘n komplekse probleem met belangrike opwegings met grootskaalse sentralisering te bestuur.Sakeliga is veral bekommerd oor die impak van ingrypings soos gedwonge koolstofbegrotings, perke en ander maatreëls wat koste op sake sal plaas. Dit sal moontlikhede vir markgedrewe groei en vooruitgang in Suid-Afrika belemmer....more12minPlay
May 03, 2022Sakekern [Pretoria FM] Piet le Roux oor nuwe gesondheidsregulasies - 'n vermomde ramptoestand?Piet le Roux (Sakeliga, uitvoerende hoof) gesels met James Kemp (Pretoria FM) op die Beleidsradar Insetsel oor die regering se voorgestelde wysigings aan die regulasies ingevolge die wet op gesondheid. Le Roux gee die hoofpunte van Sakeliga se kommentaar oor die regulasies. Die kruks van die saak is dat die voorgestelde regulasies magte aan die minister toeken wat waarskynlik buite sy magte is. Sakeliga en ander berei litigasie voor. Sluit aan by Sakeliga: www.sakeliga.co.za...more12minPlay
May 03, 2022Onderhoud met Martin van Staden -- Tyd om weg te doen met die CompCom!Sakeliga Beleidsradar gesels met Martin van Staden oor sy onlangse artikel in Business Day. Martin verduidelik dat die Mededingingskommissie nog 'n agentskap van bevel in die SA ekonomie is. Martin meen dat die Kommissie afgeskaf of hersien moet word. Artikel: https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2022-04-11-martin-van-staden-its-time-to-abolish-or-overhaul-the-competition-commission/ Ondersteun Sakeliga: https://sakeliga.co.za/sluit-aan-skenk/...more11minPlay
April 25, 2022Sakekern [Pretoria FM] Argumente vir 'n uitgebreide poskantoormandaat bekyk, nuwe wetsontwerpGerhard van Onselen gesels met omroeper James Kemp op die gereelde Beleidsradar-insetsel (Pretoria FM) oor die redenasies wat gevoer word vir 'n uitbreiding van die Poskantoor se mandaat. Hierdie uitgebreide mandaat sal moontlik gemaak word deur die nuwe Suid-Afrikaanse Poskantoorwysigingswetsontwerp. Van Onselen lewer kommentaar en kritiek op die voorstel....more12minPlay
April 11, 2022Sakerkern [Pretoria FM] Hoe kyk Sakeliga na beleid, hoekom 'n verbod nie werk nieGerhard van Onselen [Strateeg, Sakeliga] gesels met James Kemp op Sakekern. Die gesprek skop af met gedagtes oor beleidsontleding en gesels oor die benadering wat Sakeliga volg wanneer beleidvoostelle ontleed word. Dan word daar gesels oor die nadraai van die tabakverbod en sluikhandel in sigarette. In Suid-Afrika, meen Van Onselen, het die verbod sluikhandel bevorder. Daar word ook gekyk na die voorbeeld van die drankverbod van die 1920s in die VSA.Die newe-effekte en skade van 'n verbod word ook dieper bekyk. Die plaasklike ervaring en hierdie voorbeelde gee goeie redes om in die sukses van 'n verbod te twyfel....more14minPlay
April 04, 2022Sakerkern [Pretoria FM] Gesprek oor mededinging – markondersoek oor varsproduktemarkteSakekern [Pretoria FM] Gesprek oor mededingingskommissie – markondersoek oor varsproduktemarkte. Martin van Staden (Sakeliga beleidsgenoot) gesels met James Kemp (Sakekern-aanbieder) op die gereelde Beleidsradar-insetsel oor die mededingingskommissie se openbare marknavraag na varsprodukte. Tot watter mate kan so 'n kommissie werklik help? Van Staden gee sy insette oor die voorgenome markondersoek en mededingsregulering in die algemeen....more14minPlay
March 29, 2022Sakekern [Pretoria FM] Pres Ramaphosa se beleggingskonferensie, die plaaslike beleggingsklimaat bekykGerhard van Onselen (Sakeliga) en James Kemp (Pretoria FM) gesels oor president Ramaphosa se onlangse beleggingskonferensie. Hoewel beleggings wat aangekondig is natuurlik welkom is wek die algememe tendense oor privaat beleggings steeds wesenlike kommer. Sakeliga meen dat meer gedoen word om 'n gemakliker klimaat vir beleggings te skep, veral vir klein en medium ondernemings....more14minPlay
March 29, 2022Sakekern [Pretoria FM] Impak van Branstofbeperkings, nuwe permanente ramptoestandGerhard van Onselen (Sakeliga) en James `Kemp (Pretoria FM) gesels oor voorstelle oor moontlike brandstofbeperkinge in die lig van stygende brandstofpryse. Daarby word die nuwe voorstelle vir permanente wetgewing wat die rampbestuurswet sal naboots om oordraagbare siektes te beheer onder die loep geneem....more9minPlay
FAQs about Sakeliga Beleidsradar:How many episodes does Sakeliga Beleidsradar have?The podcast currently has 90 episodes available.