Tian Alberts [reg- en skakelbeampte, Sakeliga] sluit aan by James Kemp op Sakekern, Pretoria FM. Alberts gesels oor BEE in die lig van die onlangse uitspraak deur die Grondwethof.
Die uitspraak het vir Sakeliga bevind dat die Minister van Finansies, destyds Pravin Gordhan, buite sy bevoegdhede opgetree het, deur te reguleer asof hy wetgewende bevoegdheid gehad het om die 2017-regulasies op grond van die wet op voorkeurverkryging in te stel.
Hierdie regulasies het voorafdiskwalifikasie op grond van BEE-tellings by tenders moontlik gemaak. Die oorwinning volg op Sakeliga se vroeëre sukses in die aangeleentheid voor die Hoogste Hof van Appèl.
Alberts bespreek die uitspraak se impak, asook die pad vorentoe om BEE verder terug te skaal.