In hierdie insetsel van Beleidsradar op Sakekern, Pretoria FM, gesels Gerhard van Onselen en James Kemp oor die onlangse besluit deur die Departement van Omgewingsake, Vissery en Bosbou om Karpowerships se aansoek om omgewingsgoedkeuring te weier. Die saak is kompleks, maar daar word gewonder of goedkeuring onderhewig aan vereistes nie 'n beter opsie sou wees nie. Die span kyk ook na die besluit deur die departement van vervoer waar die Amerikaanse lugredery Delta Air se aansoek om in Kaapstad te mag stilhou van die hand gewys is.