Suzette Kotze-Myburgh gesels met Alettie van den Heever oor haar distopiese roman STOF. W.O.Kühne se bekroonde kinderboeke oor Huppelkind is onlangs heruitgegee in die versamelwerk HUPPELKIND, en jy kan luister na 'n stukkie uit 'n argiefopname waarin die skrywer en sy vrou, die illustreerder Dorothy Hill, oor die boeke gesels. Johan Myburg vertel meer oor die wenner van die eenmalige alternatiewe Nobelprys, MARYSE CONDE.