Die skrywers van twee uiteenlopende boeke oor die Dorslandtrek gesels met mekaar. Nicol Stassen, skrywer van 'n omvattende nie-fiksie boek oor die trek, gesels met Marinda van Zyl, skrywer van die roman DORS. Corneli van den Bergh, organiseerder van die boekprogram van die Vrystaat Kunstefees, vertel waarna lesers kan uitsien by die fees wat van 9 tot 14 Julie plaasvind. In sy gereelde insetsel oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor James Joyce se Ulysses en Sylvia Beach, die vrou wat dit die eerste maal gepubliseer het.