Jan Vermeulen, bekroonde jeugromanskrywer, se eerste spanningsroman vir volwassenes het pas verskyn. Ilse Salzwedel gesels met hom oor DIE VYFDE ASPOESTER. In 'n kykie na interessante Suid-Afrikaanse nie-fiksie, gesels Ilse met Pieter-Louis Myburgh oor THE REPUBLIC OF GUPTA, sy boek wat staatskaping blootgelê het. Hulle gesels onder meer oor die navorsing wat so 'n boek vereis. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg onder meer oor PEN Amerika se letterkundepryse.