Spektrum

Spektrum

By RSGNews
Download on the App Store

All Spektrum episodes

  • Spektrum: Wat beteken konstitutionele hof se uitspraak oor Wet op Openbare Verkryging?
    18 September 2026: Die voorsitter van die Staatsdienskommissie sê by die Madlanga-kommissie dat staatsamptenare op papier aan openbaarmakingsvereistes voldoen, maar in werlikheid betekenisvolle en noukeurige ondersoek vermy. Ons bekyk die konstitutionele hof se uitspraak oor die Wet op Openbare Verkryging van 2024. Inwoners van Lerato Park in Kimberley ontvang huise en titelaktes.
    52 min
  • Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat
    President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar van die grootste partye in die Tshwane Metro. Op ons paneel is Hannes Coetzee van Action SA en 'n burgemeesterskomiteelid, Willie Spies, die burgemeesterkandidaat van die VF Plus, Cilliers Brink, die DA se burgermeesterkandidaat, en dr. Kgoši Maepa van die ANC.
    56 min
  • Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind
    15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.
    51 min
  • Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind
    14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.
    49 min
  • Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer
    11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.
    49 min
  • Spektrum: ANC sleep OVK hof toe
    8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.
    54 min