Spitstyd

Spitstyd

Download on the App Store

Spitstyd episodes

  • Kuns met kontant 8 April 2026
    Deel 2: Hy is iemand wat nie net musiek hoor nie, maar dit sien. Waar die meeste van ons net klanke ervaar, sien hy note wat in die lug beweeg. Vir dekades lank by die SAUK en as hoof van musiek by RSG, het hy nie net self gespeel nie, hy het help besluit watter musiek luisteraars sou hoor. Agter elke noot lê die vraag: Hoe maak jy ’n lewe uit iets so ontasbaar soos musiek? En hoe bou jy finansiële sekerheid uit ’n wêreld van applous? Hoe maak jy finansiële sekerheid uit iets so vloeibaar soos musiek? En wat gebeur wanneer die applous stil raak? Henco Krugwe gesels met ’n man wat nie net musiek verstaan nie, maar wat sonder dat baie mense dit besef, ook die ekonomie van kreatiwiteit moes leer bemeester. Want talent skep inkomste, maar dit vat iets meer om dit oor ’n leeftyd te laat hou. Dit is Tinus Esterhuizen, beter bekend as Martin Lane.
    8 min
  • RSG Help 7 April 2026
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Heart for Children Stigting)
    12 min
  • Kuns met kontant 1 April 2026
    Deel 1: Hy is iemand wat nie net musiek hoor nie, maar dit sien. Waar die meeste van ons net klanke ervaar, sien hy note wat in die lug beweeg. Vir dekades lank by die SAUK en as hoof van musiek by RSG, het hy nie net self gespeel nie, hy het help besluit watter musiek luisteraars sou hoor. Agter elke noot lê die vraag: Hoe maak jy ’n lewe uit iets so ontasbaar soos musiek? En hoe bou jy finansiële sekerheid uit ’n wêreld van applous? Hoe maak jy finansiële sekerheid uit iets so vloeibaar soos musiek? En wat gebeur wanneer die applous stil raak? Henco Krugwe gesels met ’n man wat nie net musiek verstaan nie, maar wat sonder dat baie mense dit besef, ook die ekonomie van kreatiwiteit moes leer bemeester. Want talent skep inkomste, maar dit vat iets meer om dit oor ’n leeftyd te laat hou. Dit is Tinus Esterhuizen, beter bekend as Martin Lane.
    9 min
  • RSG Help 31 Maart 2026
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (SA Water Warriors)
    8 min
  • Kuns met kontant 25 Maart 2026
    Deel 2: Wat verg dit regtig om jou lewe op die pad te bou, en wat leer so ’n lewe jou oor geld? Henco Kruger praat met die avonturier en televisie-aanbieder, Johan Badenhorst. Hy is die man agter die ikoniese Voetspore-televisiereeks wat al oor 25 jaar en 18 seisoene strek. Johan vertel hoe hy regte studeer het, hoe sy tyd by die SAUK hom op ’n totaal ander pad geplaas het, en hoe hy oor die jare geleer het dat sukses in hierdie bedryf nie net oor drome gaan nie, maar oor struktuur, kontrakte en finansiële realiteit. Die vraag is nie hoeveel geld jy het nie, maar of jy genoeg brandstof het om die reis te kan voltooi...
    15 min
  • RSG Help 24 Maart 2026
    RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. (Stellumthombo, Stellenbosch)
    11 min
  • Kuns met kontant 18 Maart 2026
    Deel 1: Wat verg dit regtig om jou lewe op die pad te bou, en wat leer so ’n lewe jou oor geld? Henco Kruger praat met die avonturier en televisie-aanbieder, Johan Badenhorst. Hy is die man agter die ikoniese Voetspore-televisiereeks wat al oor 25 jaar en 18 seisoene strek. Johan vertel hoe hy regte studeer het, hoe sy tyd by die SAUK hom op ’n totaal ander pad geplaas het, en hoe hy oor die jare geleer het dat sukses in hierdie bedryf nie net oor drome gaan nie, maar oor struktuur, kontrakte en finansiële realiteit. Die vraag is nie hoeveel geld jy het nie, maar of jy genoeg brandstof het om die reis te kan voltooi...
    9 min

About Spitstyd

From the publisher's feed

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!