Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,005 episodes available.
August 20, 2026Almal en nog wat: Buite-uitsendingsJohann Pieterse, hoof tegniese operateur by die SAUK, verduidelik hoe ’n buite-uitsending by RSG werk. Ons is binnekort op die pad met die Kultuurkaravaan om van verskeie plekke in die land uit te saai....more14minPlay
August 19, 2026Kuns met kontant: Pieter Steyn (Deel 1)Wat gebeur wanneer die man wat gewoonlik die vrae vra, skielik self in die warm stoel beland? Pieter Steyn is die stem en storieverteller agter RSG se Land en Sand, waarin hy met bekende Suid-Afrikaners gesels oor hul lewens, loopbane en die paaie wat hulle gebring het tot waar hulle vandag is. Hy is ook Op en Wakker se inhoudsregisseur en ’n televisieprogramvervaardiger met ’n besondere verbintenis tot programme oor landbou. Daar is één onderwerp waaroor Land en Sand nooit praat nie - geld. In hierdie samekoms ontmoet RSG se oggend-en middagprogramme wanneer Land en Sand en Kuns met Kontant se paaie kruis. Twee onderhoudvoerders sit oorkant mekaar – en dié keer praat hulle oor Pieter Steyn se eie loopbaan, kreatiwiteit, risiko, geld en die kuns om van sy passie ook ’n bestaan te maak....more8minPlay
August 18, 2026RSG Help: Daughters of Glory & HosannaLynette Theron gesels oor die Daughters of Glory & Hosanna. ’n gemeenskapsinisiatief vir vroue deur vroue, wat vanjaar ’n spesiale Vrouedag van lofprysing en aanbidding in Pretoria-Noord aanbied op 5 September. Die dag het ook ’n sterk gemeenskapsfokus....more11minPlay
August 13, 2026Almal en nog wat: 17 Jarige se video kry internasionale erkenningBruwer Bornman is ’n jong Suid-Afrikaanse filmmaker wat fokus op kreatiewe video- en sportinhoud. Hy het onlangs internasionale erkenning gekry nadat een van sy video’s as een van vyf finaliste wêreldwyd in die World Athletics Media Challenge gekies is. Kyk die video by https://www.instagram.com/reel/Db3Ztbgsq2F/?igsh=bDZrOXQwbGNuZDV2...more11minPlay
August 12, 2026Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 2)Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende Suid-Afrikaners gestileer en gewone ruimtes in buitengewone ruimtes omskep. Maar vandag gaan dit nie net oor mooi nie. Ons praat oor die waarde van ontwerp, die sielkunde van styl, hoe goeie smaak waarde kan skep, en waarom die regte atmosfeer soms die beste belegging is wat jy kan maak....more9minPlay
August 11, 2026RSG Help: Joburg To Jabulani By Any Means ten bate van HERDOp Wêreld-olifantdag (Woensdag 12 Augustus 2026) vertrek Kyle Malyon en Lauren Lewis op ’n reis van Johannesburg na Jabulani in Kapama, die tuiste van HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Die doel van die reis is om bewusmaking en fondse vir HERD te genereer en aandag te vestig op die belangrike werk wat die organisasie doen om weesolifante te versorg. HERD is Suid-Afrika se eerste amptelike weeshuis wat olifantkalwers red, rehabiliteer en integreer in 'n bestaande kudde. Die organisasie bied 24-uur mediese sorg en sosiale integrasie in 'n veilige omgewing vir weesolifante. https://herd.org.za/...more9minPlay
August 06, 2026Almal en nog wat: The Waterhole Rugby Museum (Hanover)Willem Pelser gesels met Barry Naude oor sy private rugbyversameling. Hy versamel rugbymemorabilia sedert hy 10 jaar oud is. Sy fokus op is die geskiedenis en ontwikkeling van rugby in Suid-Afrika. The Waterhole Rugby Museum is op sy plaas Driekoppen in ‘n ou dam, wat toegebou is. Daar is is items soos die oorspronklike tokse wat leerspeke het, en die ou provinsies se truie langs die nuwe unies s’n....more15minPlay
August 05, 2026Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 1)Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende Suid-Afrikaners gestileer en gewone ruimtes in buitengewone ruimtes omskep. Maar vandag gaan dit nie net oor mooi nie. Ons praat oor die waarde van ontwerp, die sielkunde van styl, hoe goeie smaak waarde kan skep, en waarom die regte atmosfeer soms die beste belegging is wat jy kan maak....more9minPlay
August 04, 2026RSG Help: Beyond Borders Animal SanctuaryRSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Beyond Borders Animal Sanctuary in Tzaneen, is 'n geregistreerde nie-wisngewende organisasie wat wildlewe en troeteldiere red, rehabiliteer en 'n permanente veilige hawe bied. Hulle fokus spesifiek op die rehabilitasie van eksotiese diere, herpette en papegaaie wat uit verwaarlosing of onwettige handel gered is. https://beyondbordersanimals.com/...more11minPlay
August 04, 2026Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 6)JD McNally van Momentum Corporate praat oor Werknemersvoordele wat dikwels beskou word as ‘n uitgawe vir die maatskappy, maar dit kan 'n strategiese voordeel vir elke organisasie wees....more8minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,005 episodes available.