Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,005 episodes available.
July 16, 2026Almal en nog wat: Ian MorrisDerrich Gardner praat met sokkerkenner, Ian Morris....more12minPlay
July 15, 2026RSG Help Plus: Florauna NG Kerk gemeenskapsprojekte (Pretoria)Dr. Jan Botha van die Florauna NG Kerk is ook ondervoorsitter van die Afrikanerbond en betrokke by die Alfa Pastorale Bedieningsentrum.Hulle het verskeie gemeenskapsuitreikprojekte soos ’n vakansieprogram vir kinders. [email protected]...more3minPlay
July 15, 2026Kuns met kontant: Riaan Cruywagen (Deel 2)Hy het geen bekendstelling nodig nie. Vir miljoene Suid-Afrikaners was hy vir dekades die mees betroubare gesig en stem op televisie. Maar voordat hy die legendariese nuusleser geword het wat ons almal leer ken het, was daar 'n jong radio-omroeper wat sy eerste treë in die uitsaaiwese gegee het, lank voordat televisie amptelik in Suid-Afrika begin het. In hierdie onderhoud fokus ons nie op die bekende nuusbulletins nie, maar op die eerste tien jaar van sy loopbaan – die radiojare en die geld daaragter. Dit was 'n tyd van talle leerskole, interessante karakters, snaakse voorvalle en die soort staaltjies wat net iemand met meer as 60 jaar se uitsaai-ervaring kan vertel. Van sy eerste dae by die SAUK as student tot die onverwagse draaie wat uiteindelik gelei het tot een van die merkwaardigste loopbane in Suid-Afrikaanse media, stap ons saam met die jong Riaan Cruywagen wat agter die SAUK-mikrofoon gewerk het, en hoe hy met sy geld te werk gegaan het....more10minPlay
July 14, 2026RSG Help Plus: Stellenbosch HospiesJennilee Geduld, algemene bestuurder van die Stellenbosch Hospies, vertel wat hulle doen en watter hulp benodig. 021-886-5994 www.stellenboschhospice.org.za https://www.facebook.com/stellenbosch.hospice https://www.facebook.com/StelHospiceShop...more3minPlay
July 14, 2026RSG Help: Alumni van Athlone Skool vir Blindes (Bellville-Suid)Die Athlone Skool vir Blindes in Bellville-Suid vier in 2027 hulle 100ste bestaansjaar. Dit bedien leerders met visuele gestremdhede en meervoudige gestremdhede. Hulle bied grade 1 tot 12 aan, en 'n program vir vroeëkinderontwikkeling. Hulle het ‘n matriekslaagsyfer van 92,2%. Terwyl die skool op onderwys fokus, is daar toegewyde kanale vir oudleerlinge en ondersteuners om in kontak te bly, te netwerk en tot die instelling se voortdurende sukses by te dra. Meestal van die oudleerders is ontvangers van welsynstoelae. Die alumnigroep wil soveel moontlik oudleerders by die skool se reunie hê. 074-418-2621 [email protected]...more11minPlay
July 13, 2026RSG Help Plus: Mdzananda Dierekliniek (Khayelitsha)Die Mdzananda Dierekliniek en -Skuiling in Khayelitsha loods 'n grootskaalse sterilisasie-inisiatief wat daarop gemik is om die aantal ongewenste hondjies en katjies in die gemeenskap te verminder. Deur middel van hierdie veldtog sal nog 1 000 honde en katte gesteriliseer word, wat bykomend is tot die ongeveer 3 000 prosedures wat die organisasie jaarliks in Khayelitsha en die omliggende gebiede uitvoer. https://mdzananda.co.za/ [email protected]...more2minPlay
July 10, 2026RSG Help Plus: Kos Kombuis (Riebeek-Kasteel)Ds. Kobus Frantz, predikant van die VG Kerk op Riebeek-Kasteel vertel van hulle Kos Kombuis. Hulle het dit begin tydens die Covid-inperking....more3minPlay
July 09, 2026RSG Help Plus: Zola's Paw Rescue (Kleinmond)Laurika Stander en haar klein span vrywilligers voorsien kos, sterilisasie en basiese mediese sorg aan katte en honde in minderbevoorregte gemeenskappe. Zola’s Paw Rescue het op Kersdag 2024 begin met ’n eenvoudige doel — dat geen hond of kat in die township op daardie dag honger hoef te wees nie. Met Laurika se klein geel karretjie en skenkings van mense in die dorp het sy uitgegaan om hulle te voer. Hulle kook kos, meng dit met korrels en voer die diere saam uit groot borde. Vir baie van hulle is dit die enigste behoorlike maaltyd wat hulle deur die week ontvang. Hulle voorsien ook hulle eienaars van ’n 5 kg sak kos om te help dat die diere tussen besoeke iets het om te eet. Sedertdien is daar byna 100 diere gered en in liefdevolle huise geplaas. Eenhonderd diere is gesteriliseer, omdat die voorkoming van lyding net so belangrik is as om daarop te reageer. Basiese geriefsitems word voorsien soos hokke, komberse en kussings om hierdie diere ’n gevoel van veiligheid en waardigheid te gee in die omstandighede waarin hulle leef. Hulle het voortdurend ’n tekort aan hokke, maar werk stap-vir-stap daaraan om meer te bekom soos hulpbronne dit toelaat. https://www.zolaspawproject.org.za...more3minPlay
July 09, 2026Almal en nog wat: Warren Louw en Antie KatrienaWillem Pelser gesels met Warren Louw, ’n speurder en komediant, wat bekend is vir sy alter ego, Antie Katriena....more14minPlay
July 08, 2026RSG Help Plus: Pensionaris soek hulp met reiskoste en verblyf vir bestralingArnie Rossouw (70) moet bestraling kry vir 'n gewas agter haar oor. Sy bly in Hendrina, en moet vir ses weke in Pretoria behandeling kry. Om daagliks tussen Mpumalanga en Pretoria te reis, is eenvoudig nie prakties nie. Die lang afstand, brandstofkoste en fisiese uitputting is moeilik vir ’n 70-jarige pasiënt wat daaglikse bestraling moet ondergaan. Arnie en haar man is albei pensioenarisse. Soos baie afgetrede Suid-Afrikaners het finansiële omstandighede verander, en kan hulle glad nie meer 'n premium-mediesefondsplan bekostig nie. Arnie is gediagnoseer met jugulotympanic paraganglioma. Die bestraling is oor ’n tydperk van ongeveer 6 tot 8 weke en bestaan uit vyf sessies per week. Die bestraling begin op 13 Julie 2026....more2minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 1,005 episodes available.