Dit was ‘n naweek propvol sport en daarom gesels ons hierdie week oor tennis, sokker, rugby en krieket.
Kevin Anderson maak Suid-Afrika trots deur al die pad tot die eindstryd van Wimbledon te vorder.
Frankryk en Kroasië plaas die kersie op ‘n opwindende Wêreldbeker-sokkertoernooi koek en nou is alles verby. Die Sharks glip in by die Superrugby uitspeelrondtes se agterdeur en die Proteas is nou nog duiselig na Sri Lanka se draaiboul-aanslag.
Dit alles in hierdie week se Sportmal Podcast met my Kobus Pretorius.
Deel 1: Wimbledon eindstryd (0m 38s)
Deel 2: Sokker eindstryd (12m 56s)
Deel 3: Superrugby (23m 17s)
Deel 4: Proteas in Sri Lanka (39m 22s)
Beskikbaar op iTunes, Apple Podcasts, Android, Spotify en SoundCloud.