In hierdie week se episode van Sportmal kyk ons na die Lions en Sharks se seges die naweek en wonder wat presies vir die Stormers en Bulls verkeerd geloop het.
Ons bespiegel ook oor die naweek se voorval op SuperSport tussen Ashwin Willemse, Nick Mallett en Naas Botha en die verstommende reaksie op sosiale media.
Ons gesels oor die Bokke se vleuel opsies, Malcolm Marx se plaasvervanger en kies ons Bok 15-tal vir die eerste toets teen Engeland.
Ons sluit af met die naweek se Superbru voorspellings.
Rundown:
Deel 1: Jaguares t Bulls, Sharks t Chiefs, Lions t Brumbies en Stormers t Sunwolves (01m 37s)
Deel 2: SuperSport saga, Springbok vleuels en Malcolm Marx se plaasvervanger (18m 42s)
Deel 3: Vraag en Antwoord, Blitsbokke en Springbok 15-talle (45m 55s)
Deel 4: Superbru voorspellings (01h 03m)