Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
In “Strandloper 2” wag nuwe kinkels en onthullings in Bloubaai. Ná die dramatiese skote van die eerste reeks moet Dylan sy pad vorentoe vind. Mauritz staan voor ʼn lewensveranderende besluit, terwyl Ni... more
FAQs about Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.
June 06, 2025Strandloper 2 – Episode 80Die nuwe loseerder, Estelle, kry waardevolle inligting by Oom Fred oor die dorp en sy mense. Estelle word nie geïntimideer deur Jack se boelietaktiek nie....more10minPlay
June 05, 2025Strandloper 2 – Episode 79Engela is oorstelp van blydskap oor ʼn besonderse pakkie wat aankom … en bieg oor ʼn hartsaak teenoor Tannie Ouvrou. Jack verras Engela met sjampanje en vier ʼn besonderse geleentheid saam met haar....more11minPlay
June 04, 2025Strandloper 2 – Episode 78Willie en Stefan moet planne beraam ná die skokontdekking by die wrak van die Santa Maria. Dylan is terug in Bloubaai, en die poppe dans toe hy uitvind dat die koffiekiosk, Dylans, in die mark is....more11minPlay
June 03, 2025Strandloper 2 – Episode 77Stefan se ontmoeting met die nuwe loseerder van die losieshuis oortref sy stoutste verwagtinge. ʼn Diep duik van Stefan lewer ʼn vonds op wat hom en Willie onkant vang....more12minPlay
June 02, 2025Strandloper 2 – Episode 76Oom Fred word verras deur die nuwe loseerder by die Son en See. Hy en Willie se geskeduleerde vergadering ontaard in verrassing op verrassing....more11minPlay
May 30, 2025Strandloper 2 – Episode 75Nicolien het ʼn onwelkome, lastige gas in haar buitelugklas by die hawe, maar die leerlinge is mal oor hom. Nicolien en Mauritz se laaste kuierdag saam is soos van ouds. Sy sorg vir ʼn uitklophou met haar laaste vraag aan hom....more14minPlay
May 29, 2025Strandloper 2 – Episode 74Stefan trek waardevolle inligting uit Oom Fred oor ene Lewies Deventer op wie se spoor hy is. Ook Willie se inligting oor die man interesseer hom. Engela deel iets oor Jack wat sy per toeval gehoor het, wat groot agterdog wek....more12minPlay
May 28, 2025Strandloper 2 – Episode 73Bobbi se laaste kuierdag word gevier met Viskopsop en vars brood. Die kookles word ʼn groot kuier rondom die potte met Engela, Tannie Ouvrou, die befaamde Julia Child en Betta – wat skielik vertrek toe die deksel gelig word....more13minPlay
May 27, 2025Strandloper 2 – Episode 72Die boeteblik wat Betta ingestel het by Son en See is ʼn groot besprekingspunt tussen Tannie Ouvrou en Oom Fred. Ná al die jare stoei Tannie Ouvrou met ʼn groot vraag wat sy destyds nooit gevra het nie....more13minPlay
May 26, 2025Strandloper 2 – Episode 71Engela kom op ʼn praktiese manier agter hoe sleg oliebesoedeling op die strand is. Volgens Bobbi is Dylan ontnugter met die televisielewe. Maar sal hy kan terugkom, met Dylans in die mark en Jack wat sy oog op die plek het?...more11minPlay
FAQs about Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal:How many episodes does Strandloper 2 – ’n vervolgverhaal have?The podcast currently has 120 episodes available.