Styleskoops (Afrikaans)

Styleskoops (Afrikaans)

By NewskoopArtsMusic
Download on the App Store

Styleskoops (Afrikaans) episodes

  • ONDERHOUD: RICHARD VAN DER WESTHUIZEN
    Welkom terug by Styleskoops! Die bekende sanger en akteur, Richard van der Westhuizen is ná 20 jaar weer terug op die teaterverhoog in ʼn heerlike komedie en vier ook hierdie jaar 40 jaar in die bedryf, as verhoog akteur, televisie-atkeur en gewilde sanger en liedjieskrywer. Ons gesels vandag met hierdie ikoon van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
    7 min
  • ONDERHOUD: STEFAN LÖTTER GESELS OOR SY LOOPBAAN AS AKTEUR
    Welkom by Styleskoops. Ons gesels vandag met Stefan Lötter, ʼn jong man wat eers Ekonomie studeer het, maar altyd ʼn passie gehad het vir die kunste en toe radio omroeper geword het. In 2023 verruil hy die radio mikrofoon vir televisie en die verhoog. Hy maak ʼn draai voor die kameras as ʼn jong Gys Swarts in die Kyknet sepie Diepe Waters en is tans te sien op die professionele verhoog in die skreeusnaakse klug My Boetie se Sussie se Ou. Sy dae bestaan uit werk as eiendomsagent, woorde leer en toneelspeel. ʼn Besige skedule, maar een wat hy met ywer en passie aanpak. Stefan dankie vir die gesels vandag.
    7 min
  • ONDERHOUD: ANDRE DIE SKREEUSNAAKSE HIPNOTISEUR
    Andre Die Skreeusnaakse Hipnotiseur vermaak al die afgelope 35 jaar gehore in Suid-Afrika en in die buiteland met sy skreeusnaakse hipnotiese vermaak. Met sy opleiding in Teater en komedie gee Andre lewe aan sy unieke vorm van vermaak waarin lede van die gehoor die sterre van die vertoning word. Hier om ons meer oor hipnose as vermaak te vertel, is Andre – die skreeusnaakse hipnotiseur. Andre, dankie dat jy vandag by ons aangesluit het.
    8 min
  • ONDERHOUD: SONJA GOLDBERG OOR HAAR NUWE BOEK
    Welkom by Styleskoops.  Ons gesels vandag met die outeur, Sonja Golberg oor haar ‘n besondere oordenkingsdagboeke, getiteld KOM SAAM.   Van haar dae as onderwyseres by ‘n skool vir gestremde leerders tot haar nuwe roeping in die bediening, het Sonja se pad haar telkens teruggelei na haar anker – haar geloof. Kom ontdek hoe sy haar stories gebruik om ander te inspireer. Ons leer meer oor die vrou agter hierdie boeke en die reis wat haar hierheen gebring het.
    9 min
  • ONDERHOUD: PETER STEMMET
    Welkom by vandag se Stylekoops, waar ons saam met die bekroonde joernalis en skrywer, Peter Stemmet, in die fassinerende wêreld van sportjoernalistiek delf. Peter se loopbaan strek oor radio, televisie en gedrukte media, waar hy nie net uitdagings in die bedryf oorkom het nie, maar omhels het. Sluit by ons aan terwyl hy sy insigte, loopbaanhoogtepunte en raad van onskatbare waarde vir aspirantjoernaliste deel.
    12 min
  • ONDERHOUD: LIEZEL VAN DER WESTHUIZEN - THE GIRAFFE BRAND ACADEMY
    Welkom terug by Styleskoops! Vandag is ons opgewonde om die dinamiese mediapersoonlikheid en stigter van The Giraffe Brand Academy, Liezel van der Westhuizen, te verwelkom. Liezel is bekend vir haar unieke Giraffe handelsmerk en ‘n loopbaan wat globaal en oor verskeie persoonlike handelsmerke strek. In die proses het sy duisende geïnspireer om dieselfde hoogtes in hul persoonlike en professionele lewens te bereik.
    9 min
  • ONDERHOUD: COBUS “THE VIKING” VISSER
    Welkom by Styleskoops. Vandag het ons ‘n baie spesiale gas—Cobus ‘The Viking’ Visser. Hy is ‘n bekende skrywer, spreker, uitvoerende afrigter, en Suid-Afrika se enigste Gesertifiseerde Meester Firewalk-instrukteur. Maar wat Cobus nog meer laat uitstaan, is sy veerkragtigheid. As kind is hy met hemofilie gediagnoseer maar vandag inspireer hy duisende mense om fisiese en geestelike hindernisse te oorkom. Van die klim van die berg Kilimanjaro op krukke tot die bemagtiging van ander met sy Viking Wolfpack-mansprogram, lewe Cobus voluit en sonder spyt.
    6 min
  • ONDERHOUD: OAKMEADE FOUNDERS CARNIVAL
    Ons het vandag die plesier om met die skoolhoof van Oakmeade Prep and Academy te praat, ‘n skool wat opslae gemaak het in die gemeenskap met sy unieke benadering tot onderwys en gemeenskapsbetrokkenheid. Skoolhoof Lauren Swan sluit by ons aan. Ons sal die skool se reis bespreek, wat dit spesiaal maak, en die opwindende komende geleentheid waaroor almal praat—die Founders Carnival. Welkom, Lauren, en dankie dat jy vandag by ons aangesluit het.
    7 min
  • ONDERHOUD: OLIVIA TWIST DIE MUSIEKBLYSPEL
    Welkom by Styleskoops! Vandag gesels ons met die jong aktrise in die hoofrol van 'n opwindende teaterproduksie, Olivia Twist, en een van die regisseurs Michael Stols. Die jong energieke Larizta Booyens hou van drama, redenaars, sing, dans en modelwerk. Die produksie word aangebied deur Encore Theatre Productions en vertel die bekende storie van Oliver Twist, maar natuurlik met 'n "twist" - Oliver is 'n oulike: Olivia.
    4 min
  • ONDERHOUD: CHRISTELLE ENGELBRECHT GESELS OOR DIE INVLOED VAN MUSIEK OP KINDERS SE ONTWIKKELING
    Welkom terug by Styleskoops! Vandag het ons ‘n baie spesiale gas wat by ons aansluit. Die talentvolle dirigent van die Cantare Kinderkoor, Christelle Engelbrecht. Christelle het haar loopbaan daaraan toegewy om die krag en liefde van musiek by jong mense te kweek. Ons sal die diepgaande impak wat musiek op ‘n kind se ontwikkeling het, bespreek, en ondersoek hoe dit kognitiewe vermoëns, emosionele welstand, sosiale vaardighede en meer verbeter. Bly ingeskakel vir ‘n insiggewende gesprek oor die wonder van musiek in die kinderjare.
    12 min

About Styleskoops (Afrikaans)

From the publisher's feed

Waar Suid-Afrikaanse Talent en Kultuur saamsmelt. Sluit maandeliks by ons aan vir boeiende gesprekke met talentvolle Suid-Afrikaanse musikante en kunstenaars. Luister na insiggewende boek- en…