Styleskoops (Afrikaans)

Styleskoops (Afrikaans)

By NewskoopArtsMusic
Download on the App Store

Styleskoops (Afrikaans) episodes

  • SANGER LOGAN PIETERSEN OOR SY NUWE ENKELSNIT – BRING MY TERUG
    Ons gesels vandag met die talentvolle sanger en liedjieskrywer Logan Pietersen. Logan se nuwe enkelsnit, BRING MY TERUG, is genoeg om enigiemand nostalgies te maak, maar dit het ook ‘n kragtige boodskap wat opgedra is aan Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk en na hul huis, familie en kultuur verlang. Logan vertel vir ons meer van die inspirasie agter die liedjie, die diepgaande betekenis daarvan en die hoop wat dit bring vir diegene wat ver van die huis af is.
    7 min
  • JEPPE HIGH SCHOOL FOR GIRLS MAAK GESKIEDENIS MET STABAT MATER OPTREDE
    Jeppe High School for Girls is op pad om geskiedenis te maak deur glo die eerste skoolkoor in Suid-Afrika te word wat Karl Jenkins se hele Stabat Mater uitvoer. Die koor oefen al sedert Januarie en sal saam met ander kore en die Randse Simfonieorkes hande vat om hierdie skouspelagtige stuk op die 29ste Oktober by die Linder Ouditorium op te voer.
    Ons gesels nou met die skool se hoof van die Musiekdepartement, doktor Elize Kruger, om vir ons meer hieroor te vertel.
    6 min
  • SANGER SETH CORT OOR SY NUWE SNIT – LEFT TO BURN
    Op die ouderdom van slegs 18 is Seth Cort een van Suid-Afrika se jongste nuwe talente om vinnig van kennis te neem. Na die sukses van sy debuut-enkelsnit Hold On, wat hom ‘n optrede en onderhoud op programme soos Expresso op SABC 3 geland het, is Seth gereed om weer te beïndruk met die splinternuwe snit, LEFT TO BURN – Wat einde September beskikbaar sal wees.
    Ons praat met hom oor sy nuwe musiek en oor sy toekomsplanne.
    5 min

About Styleskoops (Afrikaans)

From the publisher's feed

Waar Suid-Afrikaanse Talent en Kultuur saamsmelt. Sluit maandeliks by ons aan vir boeiende gesprekke met talentvolle Suid-Afrikaanse musikante en kunstenaars. Luister na insiggewende boek- en…