Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.
June 25, 2023Taaldinge 25 Junie 2023Die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het onlangs ‘n seminaar gehou met die tema: Die einde van Standaardafrikaans? Die kommissie se voorsitter, Suléne Pilon, vertel vir Ina Strydom wat hulle gedagtegang oor dié kwessie is....more25minPlay
June 18, 2023Taaldinge 18 Junie 2023Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee, en vertel onder meer wat “kiri slam” beteken wat in ‘n gedig van ID du Plessis voorkom; en waar die woord “iesegrimmig” vandaan kom....more24minPlay
June 11, 2023Taaldinge 11 Junie 2023Afrikaans is oor twee jaar 100 jaar oud. Die projek om dié geleentheid te vier, is onlangs aangekondig. Teen hierdie agtergrond is dit dan ook nodig om bestek te neem van Afrikaans se infrastruktuur: wat is daar, en in watter toestand is dit? Prof. Wannie Carstens van die NWU verduidelik vir Ina Strydom wat Afrikaans se infrastruktuur is, en hulle besin oor onderhoud en instandhouding....more23minPlay
June 04, 2023Taaldinge 4 Junie 2023Luisteraars se taalnavrae word beantwoord. Van die kwessies wat bespreek word, is die gebruik van manlike en vroulike vorme; waarom tagtig met ‘n t begin en nie “agtig” is nie; en die verskil tussen insette en insae. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal is saam met Ina Strydom in die ateljee....more23minPlay
May 28, 2023Taaldinge 28 Mei 2023Vloek jy in Afrikaans of Engels? Vloek is ‘n interessante kwessie, en verskillende woorde is meer of minder aanvaarbaar vir verskillende mense. Maar watter rol speel tweetaligheid, en vloek ‘n mens dalk makliker in Engels as jy Afrikaans is, of anders om? Die taalkundige, prof. Gerhard van Huyssteen van die NWU, vertel vir Ina Strydom van ‘n internasionale projek waarmee hy besig is....more21minPlay
May 21, 2023Taaldinge 21 Mei 2023Die verskil wat ‘n letter kan maak! Is dit ‘n tikfout of ‘n taalfout? Die bekendstelling van nuwe banknote het tot groot ontsteltenis gelei by sommige lede van die Tsonga-taalgemeenskap omdat die woord “bangikulu” wat Reserwebank beteken, sonder ‘n “n” gespel word soos op die vorige stel note. Die taalpraktisyn van Akademia, Karien Brits, vertel vir Ina Strydom waaroor die ontsteltenis gaan....more19minPlay
May 14, 2023Taaldinge 14 Mei 2023T staan vir ta en tsoenami; vir taai en vir têkkel, en nog vele meer. Die Senior Mederedakteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Alet Cloete, vertel vir Ina Strydom wat dit behels om ‘n woordeboekdeel van die WAT saam te stel, nadat die deel wat met die letter T begin, onlangs voltooi is. Sy vertel ook meer oor die vordering met die tienjaarplan, en wat gebeur as al die dele voltooi is....more21minPlay
May 07, 2023Taaldinge 7 Mei 2023Universiteite se taalbeleid is dikwels in die kollig en het al tot verskeie hofsake gelei. Maar taalbeleid handel ook oor regverdigheid en die benadeling van studente op grond van taal. Proff. Albert Weidenam en Tobie van Dyk van Icelda vertel vir Ina Strydom hoekom akademiese geletterdheid en die insluiting daarvan in ‘n taalbeleid so belangrik is....more20minPlay
April 30, 2023Taaldinge 30 April 2023Luisteraars se taalnavrae is altyd interessant en leersaam. Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal vertel onder meer waar “op eie houtjie” en “uitknikker” vandaan kom. Hulle gee ook die Afrikaanse benaming vir “chatbot”, en verduidelik wat ‘n kon-konnetjie is....more17minPlay
April 23, 2023Taaldinge 23 April 2023Akademiese geletterdheid kom elke dan en wan in die soeklig, maar wat is dit en waarom wil universiteite dit meet? Proff. Albert Weideman en Tobie van Dyk vertel vir Ina Strydom waarom akademiese geletterdheid belangrik is, en wat uit toetse afgelei kan word....more26minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 700 episodes available.