Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Daar word gekyk word na die dinge wat taal beïnvloed en oor ‘n tydperk van sowat 300 jaar beïnvloed het, die redes hoekom ‘n mens op ‘n bepaalde manier skryf, en uitdrukkings, idiome en verskynsels.... more
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.
February 25, 2024Taaldinge 25 Februarie 2024Eersterust is ’n Afrikaanse gemeenskap in Pretoria. Hulle het groot uitdagings wat betref die oordrag van Afrikaans tussen die generasies omdat die druk om te verengels, voortdurend toeneem. Die Eersterust Taal- en Ontwikkelingsforum het ‘n paar jaar gelede tot stand gekom om Afrikaans en moedertaal in die gemeenskap te bevorder. Die ATR se noordelike koördineerder, Merlyn van der Rheede, die voorsitter van ETOF, Nolan Leyds, en die sekretaris, Danie Mathys, vertel vir Ina Strydom meer oor hulle projekte en planne....more24minPlay
February 18, 2024Taaldinge 18 Februarie 2024Wat is die stand van Afrikaans tans? Waar gaan dit goed, en waar is daar rooi ligte wat flits? Die taalkundige, prof. Wannie Carstens, vertel vir Ina Strydom waaroor ons tevrede kan voel, en waaroor ons bekommerd moet wees....more25minPlay
February 11, 2024Taaldinge 11 Februarie 2024Emeritus-professor Hein Willemse vertel vir Ina Strydom meer oor die skrywer van die boek, The Arabic Afrikaans Writing Tradition, Achmat Davids; en die bydrae van die boek tot die geskiedenis van Afrikaans. Hy praat ook oor die rol van variëteite en Standaardafrikaans....more25minPlay
February 04, 2024Taaldinge 4 Februarie 2024Afrikaans is toenemend onder druk by universiteite, skole, in howe en in die werkplek, maar internasionaal groei die belangstelling in die taal. Nie net word die taal by verskeie universiteite in die buiteland as vak aangebied nie, maar taalkundiges elders in die wêreld doen ook navorsing oor Afrikaans. Die organiseerder van die 4de Internasionale Afrikaansgrammatika-werkwinkel, Monique Rabe van die NWU, vertel vir Ina Strydom van die referate wat gelewer is....more21minPlay
January 28, 2024Taaldinge 28 Januarie 2024Waar kom die woord, sjebeen, vandaan? Wat is kontaminasie as dit met woorde of taal verband hou? Is die woorde, brutaal en wreed, sinonieme? Alet Cloete en Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal beantwoord hierdie en ander taalnavrae....more18minPlay
January 21, 2024Taaldinge 21 Januarie 2024Die taalkundige, Prof Wannie Carstens vertel vir Ina Strydom hoe hy te werk gaan om die storie van Afrikaans se verlede, hede en toekoms in ‘n kompakte vorm te vertel....more24minPlay
January 14, 2024Taaldinge 14 Januarie 2024Een van die heel oudste variëteite van Afrikaans kom uit die Bo-Kaap, naamlik Maleier-Afrikaans of Moslem-Afrikaans of Arabiese Afrikaans. Twee taal- en erfenisaktiviste, Fatima Allie en Mogamat Alexander vertel vir Ina Strydom van hulle projek om Afrikaans weer in die Bo-Kaap te vestig. Die projek word met die steun van die ATR gedoen....more23minPlay
January 07, 2024Taaldinge 7 Januarie 2024Waarom is die standaardvariëteit van ‘n taal noodsaaklik, en waarvoor word dit gebruik? Ina Strydom vra die taalkundige, Prof Ernst Kotze onder meer hoe daar op die standaardvariëteit besluit word en uit watter stappe die standaardiseringsproses bestaan....more25minPlay
December 31, 2023Taaldinge 31 Desember 2023Ken jy die woord kletsnat? Waar kom die woord “laaitie” vandaan? En waarom kry sommige plekname ‘n lidwoord vooraan? Dit is van die luisteraarsnavrae wat beantwoord word. Ina Strydom se gaste is oudergewoonte Alet Cloete en dr. Gerda Odendaal van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal....more20minPlay
December 24, 2023Taaldinge 24 Desember 2023Sommige gewoontes en gebruike tydens Kersfees en Nuwejaar is eeue oud; en al die gelowe het ‘n fees wat verband hou met lig – wanneer die lig die donker verdring. Uit die argief kom ‘n gesprek wat Ina Strydom met Jana Luther van die WAT gehad het oor sommige van die gebruike en tradisies wat met Kersfees en Nuwejaar verband hou....more19minPlay
FAQs about Taaldinge:How many episodes does Taaldinge have?The podcast currently has 755 episodes available.